Sunday 28 November 2010

Son oond - Solar oven

Hier is paar fotos van die oond, die pot, die kok en die kos. Hmmmm.
 
Gratis energie van die son!
 
-o0o------------
 
Here are a couple of photos of our step to energy independence!
 
The solar oven, the pot, the cook and the food. Delicious!!
 

Verrassing lading bande

Die mense van Orania is die beste!

Ons het sopas 'n lading van ongeveer 200 ou kar buitebande gekry. 'n Goeie vriendin van ons het dit hier gekry deur mense wat by haar gastehuis
geslaap het. Die gaste het 'n erf gekoop en het 'n skeepshouer hier na
Orania gestuur as stoor. Hy het dit toe vol met bande vir ons hier heen gestuur. Dit was een groot verrassing vir ons.

Dankie Tracey, Sanet en Eric.

Friday 12 November 2010

Tires - Tyres - Bande

Just got an call from "Waste Trade" in PE that they will supply us with enough tyres. Wow!

So pas gehoor dat "Waste Trade" in PE gaan ons met genoeg bande verskaf. Ongelooflik!

Wednesday 10 November 2010

Solar Oven - Son Oond

Do you want a high quality solar oven please drop us a line.

Hier in Orania maak ons nou ons eie son-oonde. Stel u belang laat 'n berig agter of bel ons by 053 207 0029.

VAB + OBD + ARGITEK

Vandag het ons 'n vergadering gehad met verteenwoordigers van die dorpsraad (VAB) en die grond eienaars (OBD).

1. Ons mag die erwe verklein. (Ons versoek.)
2. Daar sal dienste wees. (Hulle vereiste.)
a. Rou-water meter en kraan per erf.
b. Brandkraan vir die vier aardskip erwe.
c. Toegangspad. OBD sal gaan vir die absolute minimum.
VAB wag op die ingenieurs beslissing.

So nou is dit afwag en kyk wat gaan die dienste kos.

Regtig 'n taai stroperige onderhandeling.

Ek is al moedeloos en wil net vlug na 'n ver land ver weg van alle amptenare. So het Mike Reynolds waarskynlik ook verskeie keer gevoel.