Monday 26 August 2013

Solar cooking at the - aardskip.com - kook in die son.

In the photo you see how you can use the full potential of the sun. We are cooking pea-soup in the large sun-oven. The two sun-stoves are used to dry Retha's home made rusks.

Last week we also finished the kitchen floor and worked very hard on the dining room floor. It is almost done, it came out a bit too red, but it is looking good. Further more we started with bottle-wall of the bathroom.

-o0o----------------------------------------

Die foto wys hoe mens die son kan gebruik om vir jou te werk.

Vorige week het ons die kombuis teëlvloer afgerond en die eetkamer vloer byna voltooi. Die vloer is 'n grond vloer met twee lae sonneblom-olie en twee lae lynsaad-olie as 'n seël laag. Die week het ons begin om die vloer te politoer met rooi vloer politoer en nou is die vloer iets te rooi, maar dit lyk wel goed.

Verder het ons begin om die badkamer af te rond.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Sunday 18 August 2013

Read the visitors entries - aardskip - Lees wat ons besoekers sê.

Guestbook entries - Gasteboek inskrywing (Vervolg)
-----------------------------------------------------

22/06/2013 Winter Solstice
* Johan en Jjeanette Pawson - Alle voorspoed en seën vir jul nuwe woning. (Best of luck and blessings for your new home.)
* Ampie en Marietjie - Baie geluk mag julle geseënde jare in die aardskip beleef. Ons is baie trots op julle. (Many happiness and may you be blessed in the years to come in the earthship. We are very proud of you.)
* Michael en Julie - Span die seile (Set the sails.)
* Gradus en Erika - Baie seën vir julle! Lekker woon!! (Blessings to you! Nice stay!!)
* Cornelia - Baie indrukwekend en voorbeeldig - Baie geluk. (Very impressive example - Congratulations.)
* Marna - Baie geluk! Sterkte met verdere deursettings vermoë. Dit was lekker om hier te kom en julle vordering te sien en dat alle so gaaf werk. (Congratulations! Keep on going. It was nice to see your progress, and that everything work so well.)

25/06/2013
* Annette Bakkes - Bethlehem - Baie interessant en leersaam. Baie geluk. (Very interesting and informative. Congratulations.)
* Louisa van Vuuren - Bloemfontein - Dankie vir julle aandeel om die aarde te red! Sterkte. (Thank you for your part to save the earth! Keep it up.)
* Marietjie Ungerer - Potchefstroom - Baie dankie vir die toer deur die aardskip. Dis goed om terug te keer na die natuur toe. Hierdie is die toekoms. (Thank you for the tour of the earthship. It's good to return to
nature. This is the future.)
* Boitumelo - Potchefstroom - Very interesting, natural resources are being used wisely. Thank you! (Baie interessant, natuurlike hulpbronne word oordeelkundig gebruik. Dankie!)

03/07/2013
* Rudi - Ogies - Baie dankie vir 'n heerlike Orania kuier en eerste gas in die Aardskip was die reis heerlik en die vaart eersteklas. Baie sterkte met  die laaste werk wat voorlê, want elke dag is nie maklik nie, maar wel die moeite werd. Gooi Ankers en laat die bootjie stewig staan, tot 'n volgende kuier. (Thank you for a wonderful visit and to be the first guest in the Orania Earthship. The traveling was great and the cruise first class. Good luck with the final work ahead, because every day will not be easy, but will be worth it. Cast Anchors and leave the boat firmly untill the next visit.)
* Jakes, Isabel, Me-rie - Rustenburg
* Micheal, Mercia, Zoëy en Derick - Pinetown - Dis 'n wonderlike manier om ons aarde te bewaar. Baie dankie vir die geleentheid om dit saam met julle te bewonder. (It's a wonderful way to preserve our earth. Thank you for the opportunity to join you to adour it.)
* Kallie, Naomi en Irene - Baie mooi en doeltreffend (Very nice and efficient)

04/07/2013
* Marinus en Michelle - Piketburg - Baie oulike idee, sterkte met voltooing van die projek. (Pretty good idea, good luck with completing the project.)

05/07/2013
* Casper, Elmarie, Caspor en Conrad - Krugersdorp - Wow, wat 'n "eye opener"! Dit sit 'n mens se denke regtig aan die gang. Dit is regtig baie insiggewend en inspirerend. (Wow, what an "eye opener"! It puts a man
thinking cap on. It's really very informative and inspiring.)
* Piers - Worcester - Ongelooflik! Sal eendag wil kom kyk as alles klaar is. (Unbelievable! Will like to see when everything is finished.)

10/07/2013
* Hester - Viljoenskroon - Baie sterkte vir die res. Dit lyk baie goed. (Good luck with the rest. It looks great.)
* Zani - Heilbron - Uitstekend!!! (Excellent!!!)
* Jan Hendrik - Heilbron - Indrukwekkend! (Impressive!)

11/07/2013
* Dalene - Lady Grey - My mond hang oop! (I am amazed!)

12/07/2013
* Monja - Lyk baie goed so ver, kannie wag tot hierdie aardige skip klaar is nie. (Looks great so far, can not wait to this earthy ship finished.)
* Riaan, Ruan, Juan, Lodewyk en Antonelle - Hopetown

13/07/2013
* Dieter - Hartebeespoort - Dis 'n baie indrukwekkende voorbeeld. Sterkte toegewens. (It's a very impressive example. Good luck.)
* Chris en Maia - Pretoria - Julle moet versigtig wees- ons sal sommer hier intrek. Baie dankie! (You have to be careful, we will move here. Thank you!)

19/07/2013
* Pemla - Madikizela - What a wonderful concept this is! Really beautiful structure, creative, original labour of love. (Wat 'n wonderlike konsep is dit! Regtig baie mooi struktuur, kreatiewe, oorspronklike werk van liefde.)
* Astrid - An amazing, brave house- we all need to take a bit of this idea with us. ('n Wonderlike, dapper huis- ons almal moet 'n bietjie van hierdie idee saam met ons te neem.)
* Wilhelm - Inspired! (Geïnspireer!)

-o0o----------------------------------------

We will add more entries to the blog in due course.

Sal binne kort nog inskrywings plaas.

-o0o----------------------------------------

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno Everson

Friday 16 August 2013

Nuutste kunswerk in - aardskip - Mosaic in the kitchen

Vorige week was ons uitstedig. Die week het ons weer begin werk en ons volgende kuns werk kan nou aanskou word. Dit is die mosaïek in die kombuis, sien foto.

Verder is die vloer in die eetkamer gereed om geolie te word.

Buitekant het ons die vensterbank skuins gemaak en behandel sodat die water kan afloop en nie bly lê.

Die tweede bottelvenster is ook klaar.

-o0o----------------------------------------

The last couple of weeks we finished the following:
1) The mosaic in the kitchen
2) The floor in the dinning room is ready to be oiled.
3) The second bottle window in the western entrance hall is done.
4) Outside we gave the windowsill an angle to make sure the water is running away.

vriendelike groete
Ludwig, Retha & Arno Everson

Saturday 3 August 2013

Arno trying to escape through the window - Bottelvenster besig om Arno te verslind

This week started with the final ground layer of the dinning room floor. We used clayish ground and river sand and pour it like cement on top of the cob layer. Once we remove all the cracks we will oil and polish the floor.

We continued with mosaic in the kitchen and we will soon reveal the art work. In the photo you can see Arno's artwork in the westside entrance hall. We are not sure if the bottles is trying to eat him or whether he is trying to escape.


-o0o----------------------------------------

Soos julle kan sien het Arno lekker pret gehad met sy bottel-venster. Sy venster ontwerp is die Aardskip logo, die wit stel die "A"-ardskip voor, binne is groen wat die plante voorstel, buite om is die blou lug en onder is bruin (rooi) wat die grond voorstel.

Verder het ons begin met die eetkamer vloer se finale grondlaag, wat bestaan uit 1 deel kleiagtige grond en 2 dele riviersand. Die mengsel word gegiet soos sement. Volgende week sal ons die krake verwyder en daarna word die vloer geolie en gepolitoer.

Laastens is Retha besig met die mosaiek kunswerk in die kombuis en sal ons dit binnekort onthul.

vriendelike groete
Ludwig, Retha & Arno Everson

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip