Saturday 18 October 2014

Ekstra isolasie op die plafon - www.aardskip.com - Extra insulation from recycled polystyrene on the ceiling.

Die laaste twee weke het ons hard gewerk om die tweede kamer se plafon, deur en vensters klaar te maak. In die foto sien u die ekstra herwonne polistireen wat ons gebruik vir ekstra isolasie. Die polistireen het ons by die asgate opgetel in stukke gebreek van kleiner as 50mm in deursnee en in sakke geplaas en bo op die plafon geplaas. Die effek van die totale isolasie is geweldig.

Sien tabel vir die minimum en maksimum temperature in grade Celsius.
T. is waar slegs die effek van die termiesemassa gemeet is.
I. is waar ook die effek van die plafon met isolasie gemeet is.
Die I. deel van die tabel se data is gemeet vanaf 09-09-2014 en die T. gedeelte die tydperk voor die plafon met isolasie geplaas was in "Kamer 3".

 -------- --------- ------- ------- ---------
|        | Kamer 3 |  Gang | Buite | Kamer 2 |
 -------- --------- ------- ------- ---------
| T. Max |   36.00 | 36.00 | 44.00 |   35.00 |
| T. Min |    5.00 |  5.00 | -6.00 |    6.00 |
 -------- --------- ------- ------- ---------
| I. Max |   25.00 | 30.00 | 37.00 |   29.00 |
| I. Min |   18.00 | 11.00 |  1.00 |   10.00 |
 -------- --------- ------- ------- ---------

Uit die tabel is die termiesemassa se effek die duidelikste sigbaar tussen die "Buite" temperatuur en "Kamer 2". Die minimums verskil 12 grade en die maksimums 9 grade, elke keer tot die voordeel van die inwoner. So die termiesemassa effek is so 10,5 grade.

Die effek van die isolasie en plafon is duidelik te sien in die temperature tussen "Kamer 3", "Gang" en "Kamer 2". Hier verskil die minimums 8 grade en die maksimums 5 grade. So die isolasie effek is so 6,5 grade. Ten opsigte van die "Buite" temperature verskil die minimums 17 grade en die maksimums 12 grade. Dus is beide se effek so 14,5 grade.



Intussen gaan dit goed met die voedsel produksie, ons het genoeg Flespampoen ("Butternut"), Tamatie, Spinasie, Boerekool ("Kale"), Basiliekruid, Roosmaryn, Origanum, Pietersielie, Slaaiblare en Wortels. Verder groei die piesang- en avokadobome baie goed.


Die week het die 12mm gereën en is die tenks nou 40% vol.
-o0o-------------------------------------

The last two weeks we have worked hard to finish the second room's ceiling, door and windows. In the picture you can see the extra recycled polystyrene that we used for extra insulation. We picked up the polystyrene at the rubbish hole, broken it into smaller than 50mm in diameter pieces and placed it in bags and put the bags on top of the ceiling. The effect of total insulation is great.

See table for min and max temperatures in degrees Celsius.
T. is were we only measured the effect of thermal mass.
I. is were we also measured the effect of the ceilings and insulation.
The I. part of the table's data is measured from 09-09-2014 and the T.part predates the ceiling and insulation installation in "Room 3".

+--------+--------+---------+-------+--------+
|        | Room 3 | Planter |   Out | Room 2 |
+--------+--------+---------+-------+--------+
| T. Max |  36.00 |   36.00 | 44.00 |  35.00 |
| T. Min |   5.00 |    5.00 | -6.00 |   6.00 |
+--------+--------+---------+-------+--------+
| I. Max |  25.00 |   30.00 | 37.00 |  29.00 |
| I. Min |  18.00 |   11.00 |  1.00 |  10.00 |
+--------+--------+---------+-------+--------+

From the table is the effect thermal mass is most visible between the "Out" and "Room 2" temperatures. The minimums vary 12 degrees and maximums 9 degrees, each time to the benefit of the occupants.

The effect of the insulation and ceiling can clearly be seen in the temperatures between "Room 3", "Planter" and "Room 2". The differences are for the minimums 8 degrees and for the maximums 5 degrees. In relation to the "Out" are the temperatures 17 degrees for the minimums and the maximums is 12 degrees.


Meanwhile, goes well with our food production, we have enough Butternuts, Tomatoes, Spinach, Kale, Basil, Rosemary, Oregano, Parsley, Lettuce and Carrots. Further grow the banana and avocado trees very well.


The week it rained 12mm and the tanks now 40% full. We are very thankful.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Thursday 2 October 2014

Tweede kamer se vensters van binne - www.aardskip.com - Second room's windows from the inside

Photo of the ceiling and windows of the second bedroom. We still have to place the door, window panes and cornice.

Secondly I would once again for all the support that we get from all of you financial and other wise. Special thanks to David Otto and Omar Fourie for their generous donations.

-o0o-------------------------------------

In die foto sien u die tweede kamer se plafon en vensters. Ons moet nog die deur, ruite en kroonlys plaas.

Tweedens wil ek weerens vir julle bedank vir al die ondersteuning wat ons kry van julle vir julle finansiële en ander. Spesiale dank aan David Otto & Omar Fourie vir hul ruimhartige skenkings.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip