Friday 29 March 2013

Ons het warm water - sun will now give us also hot water

Now we have hot water from the sun. Seeing that we have water to fill the geyser it was now possible to install the vacuumed pipes to generate hot water.

We have installed the kitchen table top.

The second room's floor is oiled and it looks stunning. We oiled it with two layers of sunflower oil and one layer of linseed oil. The linseed was diluted with turpentine, so that it could penetrate better. This floor is hard and can be compare to a wooden floor. There is not a single once of cement in the floor.

-o0o------------------

Die foto is geneem van die Noord-Ooste en u kan die solarwarmwaterstelsel sien op die dak van die aardskip. Die stelsel is nou ten volle werkend. In die foto kan u ook die PV sonpanele (regs op die grond) en die septiestenk (swart koepel) duidelik sien. Byde die items moet nog op hulle regte plek geplaas word, op die dak en ondergronds.

Verder is 2de kamer se vloer ge-olie met twee lae sonneblomolie en 'n laag lynsaadolie. Die lynsaadolie moet die reuk van die sonneblomolie verbloem of moet ek sê vergeur.

Verder vorder die badkamer-kombuis-eenheid goed. Die kombuis se werkblad en afwasbak (zink) is geplaas. Krane en water sal volgende week gekoppeld word.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

1 comment:

  1. Goeie Dag, Reth en Arno!

    My naam is Jonathan en ek woon in Port ELizabeth, Oos-Kaap. Ek will graag meer uitvind oor julle projek. Ek het eers 'n maand of twee gelede uitgevind oor die aardskepe van oorsee, en het gewonder hoe die idees in Suid-Afrika, veral in die lokasies ens. gebruik kan word.

    Die sogenoemde RDP huise werk glad nie goed nie, en ek glo dat die tegnologie, veral die watersuiwerings-en rioolwaterverwyderingstelsels sal groot waarde skenk, want ons sukkel so.

    Ek will graag 'n voorstel aanbied deur my pa se vriend wat in die goeverment se veilighied-en-sekuriteitsdepartiment werk. Sal u dalk geintereseerd wees om saam te werk?

    Ek sal ook vreeslik graag, na ek studeer het, self so 'n huis bou. Vir my kan dit nie anders nie. Hoe lank het dit julle geneem en omtrent hoe erg was die onkoste?

    Ek moet eerlik wees - ek is verbaas dat Orania se mense so vooruit dink (no offense)! Ek dink julle doen Suid Afrika 'n groot guns om so te lewe.

    Laat weet so gou as moontlik.

    Groete,
    Jonathan
    gsharp88@gmail.com

    PS Verskoon die swak Afrikaans asb. :D

    ReplyDelete