Aardskip die groenste gebou in Suid-Afrika.
Earthship the greenest building in South Africa.
Sunday, 23 June 2013
Winter-Son-Keerpunt metings - Sun shone @ 12:15, 4.62m in www.aardskip.com @ an angle of 36.7 - Winter Solstice measurements
Dit is die diepste wat die 12:00 son sal inskyn in die aardskip. Dit gebeur as die son se strale loodreg val op die kreefskeerkring. Uiteraard skyn die son selfs dieper in vroeër en later die dag. Om die waarheid te sê so 8:00 en 17:00 raak die sonstrale die agterste muur van die aardskip, so ses meter diep. Van nou af sal die 12:00 son minder en minder die huis in skyn tot en met 22 Desember en dan keer hy weer om, dit gebeur as die son se loodregte strale op die steenbokskeerkring val.
Vir ons diepte meting het ons 'n maatband, reg by 'n pilaar, loodreg op die voorkant van die aardskip geplaas. Op die presiese moment toe die pilaar se skaduwee langs die maatband geval het, het ons 'n merker geplaas waar die dak se skaduwee geval het en die afstand afgelees, 'n ongelooflike 4.62 meter. Die moment het om 12:15 gebeur, 7 minute vroeër as die teoretiese berekeninge. Die afwyking beteken waarskynlik dat of die huis nie presies Noord kyk nie of dat die maatband nie presies loodreg op die voorkant van die huis was nie, of die lengte en breedte grade is nie presies reg nie. Sien tweede foto.
Vir die hoek het ons 'n pyp gebruik waar deur die son se strale 'n helder en 'n redelik ronde sonkol gegooi het op die vloer. Ons het 'n karton oor die pyp geplaas om die sonstrale buite die pyp af te keer en op die manier kon ons die sonkol duidelik in die skaduwee van die karton sien. Die pyp was 1700mm hoog van die vloer aan die pilaar vas gemaak en na ons die pyp so gedraai het dat die kol duidelik was, was die sonkol 2280mm van aanhegtings punt van die pyp gewees. Die berekening gee ons 'n hoek 36.7 grade. Interessant die hoek stem ooreen met teoretiese berekening.
-o0o-----------------------------------
On the 22nd of June we measured the time, the depth that the sun shone into the earthship and angle when the sun was at its highest point. In order to share this event with as many people as possible we did the measurement on the 22nd and not the 21st of June 2013. See first photo.
We placed a measuring tape 90 degrees to the front of the earthship next to a pillar inside the earthship. At the moment when the shadow was right next to (parallel) the tape, we placed a marker where the shadow of the roof was. The distance was 4.62 metres from the front of the earthship and the time was 12:15. See second photo.
To calculate the angle we attached a pipe with a cardboard (see photo) to cast a shadow on the floor with a sunspot in the middle of the cardboard's shadow. The pipe was 1700mm from the floor and the sunspot was 2280mm away from the attacment point. This resulted in a angle of 36,7 which agreed with theoretical angle of the earthship's position.
vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Wednesday, 2 January 2013
Vierjaar oud ... Aardskip.com ... First earthship encounter happend four years ago.
the first blog of 4 year ago to see the start of the aardskip project.
---o0o---------------
Vandag presies vier jaar gelede het ek die eerste keer gehoor van die term
"earthship". Onmidelik was ek op die internet om te kyk wat presies is die
earthship. Ek was nogal beïndruk.
Interessant, 4 jaar gelede was daar slegs so 4 verwysing op google na
webwerwe wat die Afrikaanse woord "aardskip" gebruik. Kyk gerus hoeveel
verwysings lewer google nou op. (12600 toe ek gekyk het.)
Groete
Ludwig en Retha
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
2 January 2012
Donasies - donations
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip
Sunday, 30 October 2011
Plan van Sonskip van projek Aardskip
The plan of the Eartship, SONSKIP (sunship)
Die doel van Sonskip is drieledig, woonhuis/opleidings sentrum en gastehuis.
Purpose of the earthship, SUNSHIP, is living quarters, guesthouse and training centre.
Ludwig en Retha
www.aardskip.com
2011/10/30
Wednesday, 14 September 2011
Aardskip nuus : Escavations : Earthship news
te grawe?
Ons is binne kort daar, nog net die regte persoon kontak.
Aardskip groete
-o0o-
We never would have thought it could be this difficult to get someone to
excavates our ground. Anyway we will persevere.
Earthship greetings
Ludwig en Retha
www.aardskip.com
Wednesday, 31 August 2011
Aardskip nuus: 31 Augustus 2011 August 31 :Earthship news
of our earthship. Most of the our earthship
will be build with dirtbags.
In the foreground you can see the bridge
specially made for the earthship plots.
=====================
Ons het begin! Hier is ons fondasie(karbande)
vir ons aardskip. Die res van die skip gaan
gebou word met sandsakke.
In die voorgrond kan u die bruggie sien wat
spesiaal gebou is vir die aardskiperwe.
Groete
Ludwig en Retha
Tuesday, 30 August 2011
Aardskip nuus: 30 Augustus 2011 August 30 :Earthship news
Goeie nuus vir mense wat ook aardskepe wil hê teen 'n koppie. Daar gaan
binnekort heelwat aardskip ankerplekke beskikbaar.
Vanaf môre gaan dinge begin gebeur by ons aardskip erf in die dorp onder
kant die dorps kantoor.
Groete
Ludwig en Retha
Sunday, 21 August 2011
Aardskip stats: 21 Augustus 2011 August 21 :Earthship stats
Plastic cooldrink bottles ~ 1800 ~ koeldrank bottels
Plastic milk bottles ~ 2010 ~ melk bottels
Tyres(foundation)~ 400 ~ bande (fondament)
Bags (sand)~ 2100 ~ sandsakke
Sand m3 ~ 100 ~ sand kubieke meter
Hier bo is 'n paar hoeveelhede van die herwinde materiaal wat ons gaan nodig
hê.
Wat nog moet bereken word is die hoeveelheid blikkie/glasbottels wat benodig
gaan word.
Groete
Ludwig en Retha
Thursday, 11 August 2011
Aardskip nuus: 11 Augustus 2011 August 11 :Earthship news
===============
Aangesien aalwyne 'n bedreigde plant is, het ons besluit om alle aalwyne te
verplasing na veilige grond. Dit is om te voorkom dat hulle tot niet gaan
tydens die bouery.
In die eerste foto word 'n aalwyn verwyder. Die tweede foto wys aalwyne op
hulle nuwe veilige tuiste. Ons het ongeveer 30 aalwyne verplaas.
-o0o--------------------
Seeing that aloes are a protected plant, we deside to temporary move all
aloes to a safe place. This is to protect them from the building activity.
Earthship greetings / Aardskipgroete
Ludwig en Retha
www.aardskip.com
Wednesday, 10 August 2011
Aardskip nuus: 10 Augustus 2011 August 10 :Earthship news
========================
Our first session for volunteers will start the 1st of September.
We will only accept three volunteers for the first session.
This will include lodging and meals.
-o0o--------------------
Eerste vrywilligers geleentheid begin 1 September.
Daar is plek vir drie vrywilligers vir die eerste geleentheid.
Dit sluit gratis verblyf en etes in.
Fotos / Photos
==============
Hier is fotos van die:
1. Aanbou van die toegangspad. Daar kom 'n bruggie oor 'n stormwater kanaal.
2. 'n Tydelike toegangspad. Langs die pad gaan ook die rouwater pypleiding
kom.
3. Voorbeeld van die beskermde aalwyne op ons erf.
Al die beskermde aalwyne is tydelik verwyder om te voorkom dat hulle tot
niet gaan tydens die bouery.
-o0o--------------------
Photos:
1. Building of the permanent access road.
2. The temporary access road.
3. Example of the protected aloes on our property.
We temporarily removed them to protect them from the building activity.
Earthship greetings / Aardskip groete
Ludwig en Retha
Friday, 5 August 2011
Aardskip nuus: 5 Augustus 2011 August 5 :Earthship news
gratis arbeid te verskaf vir dele van die fondasie, die giet van die vloer
en die maak die dak kappe.
By voorbaat dank aan Renus.
-o0o--------------------
Renus will be our first true volunteer, we are very greatfull.
Ludwig en Retha
Wednesday, 3 August 2011
Aardskip nuus: 3 Augustus 2011 August 15 :Earthship news
Materiaal hoeveelhede is byna alles uitgewerk.
Sal binne die volgende maand of wat begin met die grond werk.
-o0o--------------------
Building plans has been approved.
Material amounts is almost finalized.
Ground work will start soon.
Ludwig en Retha
Saturday, 16 July 2011
Aardskip nuus: 15 Julie 2011 July 15 :Earthship news
Die grond is net onderkant die radiostasie / dorpskantoor.
Vriendelike groete
Ludwig and Retha
-o0o--------------------
We signed the contract for the ground.
Now we await the building plans and then we will start with sourcing the
materials and helpers.
Regards
Ludwig en Retha
Thursday, 7 July 2011
Earthship news: July 2011 Julie :Aardskip nuus
-o0o--------------------
1. The architectural drawings are almost complete. This earthship,
AardskipEEN, will be using two building techniques; tyres and dirtbags.
Reason is that it is not ecological responsible to import tyres from 500km
away just to prove a point. Plus we will be using recycled bags.
2. An archaeologist, Dr. Opperman did an inspection of our plot and did not
find any pre-historical or historical drawings or artefacts.
3. Further more an ecological inspection was done by Mr. Jansen van Vuuren,
from Bewarea. Protected and alien flora was found on our plot. The protected
aloe will be carefully moved and the alien cactuses will be destroyed.
4. Do you want to help with the build of AardskipEEN in Orania? Volunteers
are very welcome.
Regards
Ludwig and Retha
-o0o--------------------
1. Die argitekstekeninge is byna voltooi. AardskipEEN sal gebruik maak van
twee ekologiese-boutegnieke; ten eerste buitebande en tweedens van aardsakke
(sandsakke).
2. Ons het argeologiese inspeksies laat uitgevoer deur Dr. Opperman. Die
Noord-Kaap gebied is oor die algemeen ryk aan tekeninge en implemente van
pre-historie tot gister. Ongelukkig het ons geen gevind waar die aardskip
gaan staan nie.
3. Verder het ons ook ekologiese inspeksie laat uitvoer deur 'n Mnr. jansen
van Vuuren van Bewarea. Op die gebied is wel 'n hoeveelheid beskermde
aalwyne en indringer kaktuse gevind. Die aalwyne sal ons sorgvuldig verplaas
en sodoende ons flora bewaar. Verder sal die indringer flora vernietig
word.
4. Wil u help met die bou van AardskipEEN in Orania? Vrywilligers is baie
welkom.
Vriendelike groete
Ludwig en Retha
Monday, 27 June 2011
Nuus - Junie - Opleiding
======================
Daar is 'n aardskip opleiding-siklus die volgende paar weke.
Die eerste opleiding-siklus gaan gratis wees. Dit is 'n gulde geleentheid
vir mense om meer te wete te kom van ekoboutegnike.
Volgende sessies is:
Datum: Maandag 4 Julie en Woensdag 6 Julie
Tyd: 18:00
Plek: Hoek van Diamant en Smaragstraat (oorkant die haarkapper)
Kontak: Ludwig en Retha
Tel: 053 207 0029
Sel: 073 134 9671
Blikpos: info@aardskip.com
Thursday, 23 June 2011
Earthship news: June 2011 Junie :Aardskip nuus
-o0o--------------------
Versoek vir voorstel:
======================
Is daar enige eko-bouers wat wil deelneem aan 'n Aardskip projek in Orania? Ludwig en Retha Everson wag tenders in van bouers wat hierdie opwindende projek saam met ons wil aanpak. Wie wil help bou aan 'n aardskip in Orania?
Vrywilligers is ook welkom.
Vereistes:
1. Daar sal gebou word volgens die Aardskip beginsels.
2. Die bouer moet vertroud wees met aard-sak ("earthbag") boutegnieke.
3. Die beginsel van opleiding en selfwerksaamheid word ondersteun
Nuus:
Die argitek is besig met finale tekeninge.
Die penne is aan ons uit gewys. Sien fotos.
Blik-pos ons by info@aardskip.com vir meer inligting.
Groete
Ludwig en Retha
-o0o--------------------
Request for proposal:
=====================
Are there any eco-builders who would like to participate in an Earthship
building project in Orania? Ludwig and Retha Everson are awaiting tenders to
bid on an Earthship project.
Who wants to join us in building an earthship in South Africa?
Volunteers are welcome.
Requirements:
1. Principles of Earthship building will be followed.
2. Principles of earthbag building.
3. Support the training and use of local Oraniërs/Afrikaners (self reliance)
as workers.
News:
The architect is busy with the final drawings.
The surveyor has already placed the pegs. See photos.
E-mail us at info@aardskip.com for more info.
Regards
Ludwig and Retha
Friday, 3 June 2011
Aardskip Nuus Mei and Junie - Earthship News May and June
1. Die vrywilliger het nie gebly om ons te help nie, volgens hom het ons nie genoeg ondersteuning van die regering vir die projek nie. Die projek gaan voort met die vriende van die Aardskip.
2. Grond buitekant Orania is nou in ons hande en sal daar begin bou sodra die geleentheid reg is.
3. Ons het 'n offer gemaak vir 'n aardskip erf in Orania. Hou vir ons duim vas dat ons die keer suksesvol is.
4. Sandsakke sal waarskynlik ook gebruik word om die Aardskip te bou. Dit maak net nie sin om groen te bou en dan motorbande van 300 km ver aan te ry nie. Dit is nie goed vir die koolstof voetspoor nie. Sandsakke is ook herwinbare materiaal en pas dus 100% in by die aardskip-idee!
5. Ons gaan n groep op die been bring "Vriende van die Aardskip" wat ons sal
ondersteun met die projek. Ons het reeds belangstelling.
-o0o----------
1. The volunteer came and left without doing a thing. According to him we do not have enough government support (money). Anyway the project will continue with or without him.
2. We are now the owners of ground just outside Orania and will start building there as soon as the time is ready.
3. An offer was made for ground in Orania. Please pray that we will be successful this time.
4. Dirt bags will also be used to build the Aardskip (earthship). There is no ecological (CO2-footprint) sense to build green and to import tyres from 300 km away. Dirt bags are also recycled materials and therefore fits in 100% in the earthship-idea.
5. A supporters group "Friends of the Aardskip" will be started. We already have a number interested parties.
vriendelike groete
Ludwig en Retha
Saturday, 30 April 2011
Good News - Aardskip - Volunteer - Vrywilliger
Ons het baie goeie nuus ons eerste vrywilliger begin 2 Mei te werk op die Aardskip Projek.
Verder is ons nog fluks aan die onderhandel vir 'n stuk grond in Orania woongebied.
Laastens die hoewe buite Orania is nou byna in ons hande.
Aardskip groete
Ludwig en Retha
---o0o--------------------------------------
We have very good news. Our first volunteer, a project planner, will be starting on the 2nd of May on the Aardskip project.
Secondly we are still in the process to get a property in the town. Finally the property outside the town is almost ours.
Earthship greetings
Ludwig and Retha
Sunday, 6 March 2011
Nuus Projek Aardskip - Maart / March 2011
---------------------
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/ludwig.everson
Monday, 10 January 2011
Transdisciplinary Summer School on Sustainability
The purpose will be first of all to learn from the experiance on eco-village in Stellenbosch and secondly to investigate the possibility further my studies in this direction.
Further more this will assist us in completing our Aardskip project in Orania.
Ludwig Everson
Wednesday, 5 January 2011
Nuwe jaar nuwe idees - New year plan - 2011
Instead of first building our large earthship we decide to start with a one
bedroom earthship for renting. See picture.
As soon as the plans are cleared we will need a couple of volunteers.
-o0o-----------------------------------------
Aangesien ons planne nou al so lank talm het ons besluit om grond buite
Orania te koop en daar ons eerste konsep Aardskip op te sit. Dit sal 'n een
slaapamer wooneenheid wees. Sien skets.
Die voordeel is dat ons 'n oefen lopie kry vir ons eie Aardskip.
Sodra die planne goed gekeur is sal ons vrywiligers begin kontak.
Ludwig en Retha
