Saturday 25 May 2013

Oos aansig van groen gordyn - www-aardskip-com - Behind the green curtain, east view... - For more info go to the weblog.

Indie foto sien u die plantebak van die oostekant. Heelvoor sien julle wortels, dan 'n rooi spinasie, iets verder malvablomme en aan die venster kant sien julle die pampoen wat groei en water drink laat die byle huil. Gelukig gee hulle ons ook suurstof terug en absobeer ons CO2.

Die week het ons die 2e kamer se vloer begin politoer met was. Die 3e kamer se vloer het vier lae olie gesmeer, 2 lae sonneblomolie en twee lae lynsaadolie. Verder het ons die finale grondlaag op waskamer en kombuis vloer gegooi. Die kombuis en waskamer vloer gaan ook geteël word met slegs herwinde teëls. Ons sal eers kyk hoe die politoer werk voor ons die moeite doen om al die vloere te politoer, wie weet miskien werk die olie net so goed. Die badkamer teëls is so te sê klaar.

My kamera staak 'n bietjie, hoop ek sal volgende week fotos kan plaas.

-o0o------------------

In the photo you see the planter from the eastern side. In it you will see pumpkin, carrots, spinach and geraniums.

We waxed the 2nd floor room, oiled the 3rd floor room, poured the finale ground layer of the kitchen floor. The bathroom tiles is almost done.

This coming month (week) we move into the unfinished earthship.

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

No comments:

Post a Comment