Saturday 14 December 2013

Geseënde Kersfees aan al ons ondersteuners - www.aardskip.com - Blessed Christmas to all of our supporters.

This week we spend time on cleaning our original recycle material store, it started to look a bit like a rubbish dump right in front of the earthship. Arno made a couple of crates to store our recycled material. So now our yard looks much better. All unusable stuff we took back to the towns recycle centre.

We also started making a huge Christmas tree, 3 meters high, with some of our recycled wood and hosepipes. Yesterday we bought two strings of 200 LED Christmas lights each. Take note, LED lights!

In the picture you can see the final product. On the left in front of the earthship is the tree, in the centre you see the bathroom's bottle wall with the cross shining. Top centre is the VODACOM tower's spot lights behind the earthship on the hill. On the right is a light net inside the earthship.

We placed more tiles in the bathroom.

-o0o----------------------------------------

Hierdie week het ons tyd gespandeer aan die skoonmaak van ons oorspronklike herwonnemateriaal-stoor, dit het 'n bietjie begin lyk soos 'n vullishoop reg voor die aardskip. Arno het 'n paar kratte gemaak om die herwonnemateriaal te stoor. So nou lyk ons werf baie beter. Alle onbruikbaar dinge het ons terug geneem na die dorp se herwinnings-sentrum.

Ons het ook begin om 'n groot Kersboom, 3 meter hoog, met die herwonne hout en tuinslange te maak. Gister het ons twee stringe van 200 LED Kersfees liggies elk gekoop. Let wel, LED ligte!

Op die foto kan julle die finale produk sien. Aan die linkerkant voor die aardskip is die boom, in die middel sien julle die badkamer se bottelmuur met die kruis wat deur skyn. Bo in middel agter die aardskip op die heuwel sien julle die Vodacom-toring se skynwerpers. Aan die regterkant is 'n lignet aan die binnekant van die aardskip.

-o0o----------------------------------------


Groete/Greeting
Ludwig, Retha, Joanelle & Arno Everson

No comments:

Post a Comment