Tuesday 8 April 2014

Nuwe vereniging streef na onafhanklikheid van Eskom-krag vir Orania - www.aardskip.com - New association to pursue independence from utility power for Orania

F.L.T.R.
Dr Johann Dannhauser, Christo Hattingh (Ondervoorsitter), Marna Swart (Sekretaris), Johan Olivier, Ludwig Everson (Voorsitter) en Francois Joubert (Tesourier)

New association to pursue independence from utility power for Orania
By Joanelle Everson
8 April 2014

Orania - The inaugural meeting of the Sustainable Energy Group (VEG) took place on 4 April 2014, in Orania. The VEG is an organization founded with the long-term goal to establish alternative energy system that will supply power to Orania and possibly other areas. Ludwig Everson is the initiator and chairman of the VEG and according to him is the ultimate goal of the association to make Orania independent of external power.

According to Everson is there regularly individuals with intentions to provide alternative energy systems to Orania. However these intention never realized because of the costs. "If our resources, knowledge and skills of different people put together, we can achieve more than when each of us is doing his own thing" says Christo Hattingh, pilot comity member and deputy chairman of the VEG. Francois Joubert, pilot comity member and management member of VEG, adding that job creation is one of the main goals of the group.

Frans De Klerk, CEO of Orania Town Council and pilot comity member of VEG, alternative energy is an important issue for the Orania Town Council and the Town Council of Orania therefore has joined the VEG. Wynand Boshoff, representative of the Freedom Front in the Northern Cape, says that alternative energy is one of the central points in the Freedom Front's policies. Boshoff claims that the VEG can be of value for the Freedom Front.

The VEG will go to members in order to advance knowledge and to build knowledge databases. The VEG will examine opportunities for alternative energy systems by looking at bio-energy and food security, solar energy, wind energy, hydro energy and other forms of alternative energy. The VEG want anyone interested to become a member of the VEG. Individuals and companies can join in order to contributing and to increase their knowledge and resources.

-o0o---------------------------------------------------------

Nuwe vereniging streef na onafhanklikheid van Eskom-krag vir Orania
Deur Joanelle Everson
8 April 2014

Orania – Die stigtingsvergadering van die Volhoubare Energie-groep (VEG) het plaasgevind op 4 April 2014, te Orania. Die VEG is ʼn vereniging wat gestig is met die langtermyndoelwit om ʼn alternatiewe energiesisteem te vestig wat krag sal verskaf aan Orania en moontlik ander gebiede. Ludwig Everson is die inisieerder en voorsitter van die VEG. Volgens hom is die uiteindelike doel van die vereniging om Orania onafhanklik te maak van Eskom krag.

Volgens Everson gaan daar gereeld individue na Orania met voornemens om alternatiewe energiesisteme te vestig in Orania. Hierdie voornemens realiseer egter nooit as gevolg van die kostes wat nie deur die individue gedra kan word nie. "As ons hulpbronne,kennis en vaardighede van verskillende mense bymekaar voeg, kan ons saam meer bereik as wanneer elkeen sy eie ding doen," sê Christo Hattingh, loodskomiteelid en ondervoorsitter van die VEG. Francois Joubert, loodskomiteelid en bestuurlid van VEG, voeg by dat werkskepping ook een van die hoofdoelwitte van die groep is.

Volgens Frans De Klerk, uitvoerende hoof van die Orania Dorpsraad en loodskomiteelid van die VEG, is alternatiewe energie ʼn belangrike kwessie vir die Orania Dorpsraad en het die Orania Dorpsraad daarom aangesluit. Volgens Wynand Boshoff, verteenwoordiger van die Vryheidsfront in die Noord-Kaap, is alternatiewe energie een van die sentrale punte in die Vryheidsfront se beleid. Boshoff beweer dat die VEG van waarde kan wees vir die Vryheidsfront.

Die VEG sal te werk gaan deur lede in te span om kennis en databasisse op te bou. Die VEG sal moontlikhede vir alternatiewe energiesisteme ondersoek deur te kyk na bio-energie en voedselsekerheid, sonenergie, windenergie, hidro-energie en ander vorme van alternatiewe energie. Die VEG wil enige belangstellende uitnooi om lid te word van die VEG. Individue en maatskappye kan aansluit om so by te dra tot die opbou van kennis en hulpbronne.

Groete/Greeting
Ludwig en Retha Everson
8 April 2014

No comments:

Post a Comment