Saturday 13 December 2014

Geut herstel na haalbui. In die sonskip gebruik ons die son se volle potensiaal; vir warmwater, krag, kook en plante. - www.aardskip.com - Gutter fixed and ready for next rainstorm.

All preparations for the Solar course is completed and all places are nearly filled.

Course is the 17 of December in Orania in Afrikaans.

In the picture you can see the gutter that was repaired after the last hailstorm. The hail the gutter's brackets were bend. In other words, the water poured down infront of the door.

We have also slightly changed the catchment water tanks's connections. The first tank will from now on always be full, and the overflow of his will fill the other tanks. This is done because the first tank withstands a fair amount of pressure from the hill and for the tank's "health", we decided keep this tank full. In case of a drought we can open the valve at the bottom to let the first tank also empty.

-o0o--------------------------------------

Alle voorbereidings vir die Sonkrag kursus is voltooi en alle plekke is byna gevul.

Kursus is die 17 Desember in Orania in Afrikaans.

In die foto sien u die geut wat herstel is na die vorig haelbui. Die hael het die geut se hakke heeltemal laat om buig, a.g.v. die hael se gewig. M.a.w. die water het presies voor die deur gestort.

Ons het ook die opvang watertenks se konneksies ietwat gewysig. Die eerste tenk sal na dese altyd vol wees en die tenk se oorvloei sal die ander tenks vol maak. Dit is gedoen omdat die eerste tenk redelik drukking moet weerstaan van die grond en vir die tenk se "gesondheid" het ons besluit om
die tenk vol te hou. In 'n droogte kan ons die klep aan die onderkant oop maak om die eerste tenk ook te laat leegloop.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

No comments:

Post a Comment