Showing posts with label Strawbale / Strooi. Show all posts
Showing posts with label Strawbale / Strooi. Show all posts

Saturday, 23 July 2016

Plafon en pleister
Plaster and ceiling.

Trevor

Morné 

In die fotos sien julle Morné en Trevor se hande werk.

Trevor het die sitkamer se plafon ingesit en Morné het die pleister werk gedoen.

As julle mooi kyk sal julle ‘n rekenaar skerm sien wat as ‘n waarheidsvenster dien. In die venster is nog die enigste plek waar strooibaal te sien is in die aardskip.

Vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

In the pictures you see Morné and Trevor's handy work.

Trevor placed the ceiling in the living room and Morné did the plastering.

If you look carefully you will see a computer screen that serves as a truth window. The window is the only place where straw bales can still be seen in the earthship. In the window you will see straw, earthbag, cob and lime plaster.

Regards
Ludwig and Retha Everson


Monday, 25 May 2015

Die pleister- en verfwerk aan oostekant van - aardskip.com - finish on the easternside.

Hier sien julle hoe die pleister- en verfwerk lyk aan die oostekant van die aardskip. Uiteindelik is al die strooibale aan die buitekant toe gepleister.

-o0o--------

Here you see how the plaster and paint work looks like on the eastern side of the earthship. Finally all straw bales are plastered on the outside.

vriendelike groete
Ludwig

Tuesday, 28 April 2015

Volunteer came to help us at the - aardskip.com - is gehelp deur Willem van As.

In die fotos sien julle Willem van As, wie ons kom help het in sy vakansie. Baie dankie Willem.

Ons het aan die ooste kant van die aardskip gewerk. Die strooibale is weer vasgebind en alle gate is toe gestop. Tans is ons besig om die muur te pleister.

Binne kort sal julle geen strooibale in die aardskip sien nie.

Wat dink julle moet ons 'n waarheidsvenster in sit?

-o0o---------

In the picture you see Willem van As who come to help us in his holiday. Thank you Willem.

We worked on the eastern side of the earthship. The bales are tied to the structure and all holes were plugged. Currently we are plastering the wall.

Soon you will not see any straw bales in the earthship.

What do you think, do we need to place a truth window?

vriendelike groete
Ludwig Everson en Willem van As
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Saturday, 7 March 2015

Plastering on the front wall of the - aardskip.com - se voorste muur word gepleister.

Hier is foto van die pleisterwerk aan die voorkant van die aardskip.

Verder het ons heelwat sade geplant, so ons hoop om heerlik vars groente uit ons binneshuistuin in die middel van die winter te kan oes.

-o0o---------

Here is a photo of the plastering on the north facing wall of the earthship.

In addition, we sow a lot of seeds and we hope to harvest delicious fresh vegetables from our indoor garden in the middle of winter.

vriendelike groete
Ludwig

Sunday, 8 February 2015

Herpleister westemuur van die - aardskip-com Replastering the western wall.

Ons het voort gegaan om die weste muur met sement te pleister en is tans besig om dit te verf met 'n mengsel van kleigrond, kalk en sement (4:1:1). Die muur lyk net soos die oorspronklike kalk pleister. Verder is ons besig om die binne kant van die weste muur met kleigrond, skalie en strooi (1:1:1)
te pleister.

-o0o---------

We continued to plaster the west wall with cement and currently painting the wall with a mixture of clay, lime and cement (4: 1: 1). It looks just like our original lime plaster. Furthermore, we are plastering the inside of the western wall with clay, shale and straw (1: 1: 1).

vriendelike groete
Ludwig en Danie

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Saturday, 31 January 2015

Christiaan the architect of the - aardskip.com en Danie het kom help om weste muur te pleister.

This week we managed to get a very good worker, Danie on the left in photo, that was prepared to learn how to plaster straw bales. We also got our architect, Christian on the right, to show us how to plaster straw bales. Unfortunately our previous attempt to plaster the western wall all got
washed off. The weather from the west is just to heavy for our mud and lime plaster. We want to Christiaan for his demo and also Dave for the sieve/screen and Julius for the schaffolding.

-o0o------------------------------

Hierdie week het ons daarin geslaag om 'n goeie werker, Danie links in die foto, te kry wat bereid is om te leer hoe om strooibale te pleister. Ons het ook ons argitek, Christian aan die regterkant, gekry om ons te wys hoe om strooibale te pleister. Ongelukkig het ons vorige poging heeltemal afgewas
in die reën. Die weer van die weste is net te swaar vir ons modder en kalk pleister. Ons wil Christiaan bedank vir sy moeite en vir ook Dave bedank vir die sif en Julius vir die steiers.

vriendelike groete
Ludwig, Danie en Christiaan

Saturday, 3 August 2013

Arno trying to escape through the window - Bottelvenster besig om Arno te verslind

This week started with the final ground layer of the dinning room floor. We used clayish ground and river sand and pour it like cement on top of the cob layer. Once we remove all the cracks we will oil and polish the floor.

We continued with mosaic in the kitchen and we will soon reveal the art work. In the photo you can see Arno's artwork in the westside entrance hall. We are not sure if the bottles is trying to eat him or whether he is trying to escape.


-o0o----------------------------------------

Soos julle kan sien het Arno lekker pret gehad met sy bottel-venster. Sy venster ontwerp is die Aardskip logo, die wit stel die "A"-ardskip voor, binne is groen wat die plante voorstel, buite om is die blou lug en onder is bruin (rooi) wat die grond voorstel.

Verder het ons begin met die eetkamer vloer se finale grondlaag, wat bestaan uit 1 deel kleiagtige grond en 2 dele riviersand. Die mengsel word gegiet soos sement. Volgende week sal ons die krake verwyder en daarna word die vloer geolie en gepolitoer.

Laastens is Retha besig met die mosaiek kunswerk in die kombuis en sal ons dit binnekort onthul.

vriendelike groete
Ludwig, Retha & Arno Everson

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip