Showing posts with label Floor/Vloer. Show all posts
Showing posts with label Floor/Vloer. Show all posts

Saturday, 8 September 2018

Gang plaveisel en oes - Indoor pavement and harvest - Aug 2018


Hier sien julle die gang gemaak van skalie-klip in plaas van leiklip. Omdat skalieklip nie so verhard is as leiklip nie verbrokkel dit as dit in aanraking kom met water. Om die rede het ons elke klip eers vernis voor ons dit geplaas het. Die gang lyk soos 'n tuinpaadjie en komplimenteer die plantebak baie.

Julle kan sien dat ons weer baie spinasie en tamaties oes die jaar. Van een tamatie plant het ons al sestig tamaties geoes en die einde is nog nie insig. Ook het ons 'n bietjie sukses gehad met soetrissie, brokolie en botterskorsies.

Aardskip groete
Here you see the indoor passage of shale-stone instead of slate. Because shale is not as hardened as slate it break when it comes into contact with water. For that reason, we first varnish each stone before we used it. The corridor looks like a garden path and complements the planter.

You can see that we have a lot of spinach and tomatoes harvest this year. From one tomato plant we have already harvested sixty tomatoes and the end is not yet insightful. We also had some success with sweet pepper, broccoli and butternuts.

Regards
Ludwig en Retha Everson

Saturday, 21 March 2015

Final product of western and front wall of the - aardskip.com - se weste-voor hoek.

Hier is foto van die finale produk van die pleisterwerk en verf aan die weste en voorkant van die aardskip.

Die mengsels wat ons hier gebruik het, is as volg:
Sement pleister: 1 sement : 3 sand : 2 rooigrond
Sement verf:      1 sement : 1 kalk : 4 rooigrond

Ander mengsels ook gebruik in die aardskip:
Binne 1ste laag pleister:   1 rooigrond : 1 skalie klippies : 1 strooi
Binne 2de laag pleister:   3 rooigrond : 3 riviersand : 2 kalk
Binne kalk verf:               2 rooigrond : 1 kalk

1ste laag grondvloer:  1 rooigrond : 2 skalie klippies : 1 strooi
2de laag grondvloer:  1 rooigrond : 2 riviersand
Olie grondvloer:         2 lae sonneblom olie, 1 laag lynsaadolie gemeng met terpentyn
Politoer grondvloer:   Vloerpolitoer so veel keer as wat jy wil.

-o0o---------

Here is a picture of the final product of the plastering and paint of the
western and front wall of the earthship.

The mixtures that we used here, is as follows:
Cement plaster: 1 cement: 3 sand: 2 red soil
Cement paint:   1 cement: lime 1: 4 red soil

Other mixtures also used in the earthship:
Interior 1st layer of plaster:   1 red soil: 1 shale stones: 1 straw
Interior 2nd layer of plaster:  3 red soil: 3 river sand: 2 lime
Interior lime paint:                 2 red soil: 1 lime

1st layer ground floor:    1 red soil: 2 shale stones: 1 straw
2nd layer ground floor:  1 red soil: 2 river sand
Oil ground floor:            2 layers sunflower oil, 1 layer linseed oil mixed with turpentine
Polish ground floor:       Floor polish

vriendelike groete
Ludwig

Sunday, 30 November 2014

Read the visitors entries June 2014 - www.aardskip.com - Lees wat ons besoekers sê.

Foto van 2e kamer, die avokadoboom en druiwerank wat julle sien is binnenshuis.

Die week het ons die 3e kamer se vloer herstel en meubels terug gesit, sal 'n foto later plaas.

-o0o-----

Photo of 2nd room, the avocado tree and vine you see is indoors.

This week we repaired the 3rd room floor and moved the furniture back, a photo will follow.


Visitors book / Gasteboek
===================

Entries is entered in the original language please use https://translate.google.co.za/#af/en/ to translate from Afrikaans to English.

June / Junie 2014
----------------------

02/06
* S Da Corte - Johannesburg - Inspirational!! Thank you for showing us possibilities beyond our imagination.
* R van Vuuren - Van der Kloof - Wonderlik
* Elsa Muller - Van der Kloof - Baie inspirerend doen so voort!
* Marinda Roux - PE - Absoluut wonderlik om herwiningsmateriaal se potensiaal te sien.

03/06
* Kames & Karin Kemp - Orania - Indrukwekkend!!

04/06
* Andre & Carin Rust - Mosselbaai - Inspirerend. Alle sukses!

05/06
* Frik van Staden - Pretoria - Baie insiggewend. Voorspoed!
* William Badenhorst - DXB - Great ideas of reuse.
* Helen Sagahiron- DXB - Very impressive! Thank you.

07/06
* Jeff Momb - Pretoria - Keep it up!

09/06
* Pat & Ronel, Chris & Dara - Pretoria - Pragtig en sterkte.

10/06
* Aguese - Latvia, DK

11/06
* Rochell de Swardt - Plettenbergbaai - Baie goed en interessant

13/06
* Petert Huysom - Kempton Park - Baie interessant
* Marie Soul - Kaapstad - Fantasites!
* Carol Hiunchsen - Kaapstad - Inspirerend

14/06
* Wanda Coetzee - Pretoria - Pragtig
* Elmar Scheepers - Pretoria
* Amy Barhard - Krugersdorp - ouilik - Hou so aan!
* Marten van Wyk - Middelburg - Baie interessant
* Albert & Waniotha du Toit - Pretoria - en dankie vir die welkom.

16/06
* Diana - Stellenbosch - Well done - doing the talk
* Van Wyk - Benoni & Kaapstad - Baie interessant!!

17/06
* Margit & Andy d'Augiun - Swakopmunt, Namibie - Nuwe inligting gekry - very inspiring!
* Hendrina - Philippolis - Puik, doen so voort!

26/06
* Urbanus de Witt & Helene Kleynhans - Pretoria - Ongelooflik!


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Saturday, 22 November 2014

Ons het terug getrek in tweede kamer - www.aardskip.com - Sneak view of our 2nd bedroom after we moved back.

Ons het terug getrek in die 2e slaap kamer. Die kamer se vloer het ook 'n nuwe olie en politoer laag gekry.

Verder is ons besig om 'n bietjie opknap werk te doen in die 3e kamer voor ons verder gaan met die plafon in die waskamer.

-o0o-------------------------------------

We moved back in to the 2nd bed room. The room's floor also received, a new layer of polish and oil.

Furthermore, we will do some renovation work done in the 3rd room before we continue with the ceiling in the laundry room.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Wednesday, 12 February 2014

Gap year possibilities at the - www.aardskip.com - gee u oorbruggingsjaar geleenthede.

Hierdie jaar het ons geleenthede vir vrywilligers om in die aardskip te woon en te help om die skip te voltooi. Die foto is van Markus wat, tydens sy oorbrugging jaar kursus, ons 'n paar weke help met verskeie take. Hier is hy besig om 'n teël-vloerlys in die kombuis te plaas.

Verder het ons begin om die badkamer af te rond, hout panele is geplaas om die muur aan die gang kant te voltooi, ons het selfs plastiekbottels gebruik om sonlig in te laat. Nou is ons besig om die badkamer plafon te installeer.

-o0o----------------------------------------

This year we have opportunities for volunteers to live in the earthship (Aardskip) and help us to finish it off. The photo is of Markus who is busy with a gap year course. He is helping us a few weeks with various tasks, like placing a tile skirting in the kitchen.

We also started to round off the bathroom, we placed recycled wooden-panels for the wall on the corridor side. Plastic bottles are used to let sunlight into the bathroom. Currently we are busy with the bathroom's ceiling.

-o0o----------------------------------------

vriendelike groete
Ludwig, Retha Everson en Markus

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Sunday, 15 September 2013

Kyk wie het die aardskip besoek - aardskip.com - check on the lap of our one visitor.

In die foto sien julle 'n interessante gas. Kyk of julle hom kan sien hy is gewoonlik 'n bok vir sports?

Agter die besoekers sien julle die bruin sitkamer vloer. Die vloer is nou kraakvry en komende week word die vloer geolie en gepolitoer.

Verder het ons flink gewerk aan die badkamer die bottel muur is nou kosynhoogte.

-o0o----------------------------------------

This week we worked on the floor of the lounge and the bottle wall of the bathroom.

-o0o----------------------------------------

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson (Jose en Jakobus en bokkie)

Sunday, 8 September 2013

Lounge floor top layer started. - Die laaste laag van die sitkamer vloer is gegooi.

This week worked again on the bathroom's bottle wall and started with the lounge floor.

In the photo you see the top layer of the lounge floor. This top layer consist of a river sand and clayish soil mix(2:1).

-o0o----------------------------------------

Hierdie week het ons gewerk aan die badkamer se bottelmuur en begin met die sitkamer se booste vloer laag.

In die foto sien u die boonste laag van die sitkamer vloer. Dit boonste laag bestaan uit 'n rivier sand en 'n kleierige aarde mengsel (2:1).

-o0o----------------------------------------

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Sunday, 1 September 2013

Eetkamer se vloer is klaar - We have a brand new earthen floor in the dinningroom.

Hierdie week het ons aan die badkamer se bottelmuur en die eetkamervloer gewerk.

In die foto sien u die finale eetkamer vloer. Om die vloer te seël het ons die vloer met twee lae sonneblomolie en twee lae van lynolie gemeng met terpentyn en sitronella-olie ge-olie. Laastens het ons die vloer met 'n
vloerwas blink gepoets. Dit is onmoontlik om te sien dat die vloer oorspronklik slegs gemaak is van grond en sand.

-o0o----------------------------------------

This week worked on bathroom's bottle wall and the dinning room floor.

In the photo you see the finished dinning room floor. To seal the floor we gave it two layers of sunflower oil and two layers of linseed oil mixed with turpentine and citronella oil. On top of that we polished the floor with a floor wax. Now it is impossible to see that the floor was originally only an earthen floor.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Sunday, 23 June 2013

Winter-Son-Keerpunt metings - Sun shone @ 12:15, 4.62m in www.aardskip.com @ an angle of 36.7 - Winter Solstice measurements

Op 22 Junie 2013 het ons dit gewaag om te meet hoe ver die son in die aardskip in skyn. Die egte keer-punt was wel die 21ste, maar vir gerieflikheidshalwe het ons 'n bymekaarkoms gereël vir die publiek om die gebeurtenis ook te aanskou. Sien eerste foto.

Dit is die diepste wat die 12:00 son sal inskyn in die aardskip. Dit gebeur as die son se strale loodreg val op die kreefskeerkring. Uiteraard skyn die son selfs dieper in vroeër en later die dag. Om die waarheid te sê so 8:00 en 17:00 raak die sonstrale die agterste muur van die aardskip, so ses meter diep. Van nou af sal die 12:00 son minder en minder die huis in skyn tot en met 22 Desember en dan keer hy weer om, dit gebeur as die son se loodregte strale op die steenbokskeerkring val.

Vir ons diepte meting het ons 'n maatband, reg by 'n pilaar, loodreg op die voorkant van die aardskip geplaas. Op die presiese moment toe die pilaar se skaduwee langs die maatband geval het, het ons 'n merker geplaas waar die dak se skaduwee geval het en die afstand afgelees, 'n ongelooflike 4.62 meter. Die moment het om 12:15 gebeur, 7 minute vroeër as die teoretiese berekeninge. Die afwyking beteken waarskynlik dat of die huis nie presies Noord kyk nie of dat die maatband nie presies loodreg op die voorkant van die huis was nie, of die lengte en breedte grade is nie presies reg nie. Sien tweede foto.

Vir die hoek het ons 'n pyp gebruik waar deur die son se strale 'n helder en 'n redelik ronde sonkol gegooi het op die vloer. Ons het 'n karton oor die pyp geplaas om die sonstrale buite die pyp af te keer en op die manier kon ons die sonkol duidelik in die skaduwee van die karton sien. Die pyp was 1700mm hoog van die vloer aan die pilaar vas gemaak en na ons die pyp so gedraai het dat die kol duidelik was, was die sonkol 2280mm van aanhegtings punt van die pyp gewees. Die berekening gee ons 'n hoek 36.7 grade. Interessant die hoek stem ooreen met teoretiese berekening.

-o0o-----------------------------------

On the 22nd of June we measured the time, the depth that the sun shone into the earthship and angle when the sun was at its highest point. In order to share this event with as many people as possible we did the measurement on the 22nd and not the 21st of June 2013. See first photo.

We placed a measuring tape 90 degrees to the front of the earthship next to a pillar inside the earthship. At the moment when the shadow was right next to (parallel) the tape, we placed a marker where the shadow of the roof was. The distance was 4.62 metres from the front of the earthship and the time was 12:15. See second photo.

To calculate the angle we attached a pipe with a cardboard (see photo) to cast a shadow on the floor with a sunspot in the middle of the cardboard's shadow. The pipe was 1700mm from the floor and the sunspot was 2280mm away from the attacment point. This resulted in a angle of 36,7 which agreed with theoretical angle of the earthship's position.


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Tuesday, 18 June 2013

Uitnodiging Winter-Son-Keerpunt - 22 Junnie 2013 11:00 @ www.aardskip.com - Invitation to Winter Solstice

(Photo will follow soon) Beste Aardskip-vriende,

Hierdie is tyd van die jaar dat die loodregte sonstrale die Kreefs-keerkring bereik. Dit beteken dat die 12-uur middagson sy laagste punt bereik en van nou af elke middag 'n bietjie hoër bo die horison sal sit.

Ook is dit die verste punt waar die 12-uur son se strale binne-in die Aardskip skyn. Ons gaan dit meet en jy word uitgenooi om hierdie geleentheid by te woon

Waar: Die aardskip "Sonskip", Robynlaan 207, Orania
Waneer: Saterdag 22 Junie 2013 van af 11:00
Bring saam: 'n stoel, 'n bordjie eetgoed.

RSVP

vriendelike groete
Ludwig, Retha, Joanelle en Arno Everson

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Friday, 31 May 2013

Ons woon nou in die aardskip. Foto van die final badkamerteëls - www-aardskip-com - We moved in the earthship and here is a photo of the bathroom tiles.

Ons kamera werk weer so bietjie. Ons woon nou al in die aardskip. Nog baie om te doen, maar ons het 'n dak oor ons kop.

Hier is 'n foto van die badkamerteëls, alle teëls is by ons herwiningsbank op getel. Elizabeth Potgieter het gehelp met die uitleg en plaas van die prentjie. Wat dink julle stel die prentjie voor?

-o0o------------------

We moved in to the earthship, still lots to do, but at least we have a roof over our head.

In the photo you see the final bathroom tile layout. Can you see what the picture represents?

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Tuesday, 21 May 2013

Badkamer voorskou - Bathroom sneak preview...

Hier is 'n foto van hoe die badkamer nou lyk. Ons het 'n vrywilliger gekry wat ons gehelp het vandag. Baie dankie Elizabeth, jou werk is fantasties. Ek plaas binnekort 'n foto van die finale mosaiek. Retha het die raam gemaak. Die hele kunswerk is gemaak van teëls wat ons opgetel het by Orania se herwiningsbank.

-o0o------------------

Here you see a sneak preview of our unfinished bathroom. We had a visitor, Elizabeth, in Orania who volunteer and helped Retha to finish the tiles in the bathroom. She really did a magnificent job. All the tiles was collected from our recycled centre in Orania.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha, Arno & Elizabeth

Friday, 17 May 2013

'n Hoekslyper as teëlsnyer - www-aardskip-com - Angle grinder as tile cutter... - For more info go to the weblog.

Die week het ons teëls gelê en die badkamer apparate geïnstalleer.
Ongelukkig was daar 'n fabrieksfout in die pan gedeelte van die toilet, so dit word geruil en sal volgende week weer ingesit word.

Op die foto sien julle Retha met ons hoekslyper en teëls sny. Die hoekslyper het 'n "diamantlem" wat teëls moet sny met water. Ons hoekslyper het nie so
funksie nie, so toe maak 'n boer 'n plan. Heel eenvoudig 'n emmer tot bo toe gevul met water. Bo op die emmer plaas ons hardebord met 'n gleuf. Die le gaan dan deels in die water en van 'n stowwerige gemors word dit 'n natterige gemors.

Verder het ons die sit en eetkamer klaar gepleister en gewitwas. Ons het besluit om die 2e kamer se vloer te politoer en die 3e kamer se finale laag(kleiagtig rooi grond en riviersand 1:2) is gegiet.

-o0o------------------

This week we worked in the bathroom. Retha cut tiles using through away tiles from our recycle-bank in Orania, see photo.

We also started to polish the 2e room's floor and poor the final layer for the 3e room's floor.

The dinning and lounge is now lime plastered (2 lime : 3 river sand : 3 clay rich earth) and white washed (1 lime : 2 clay rich earth - for colour).

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

Saturday, 13 April 2013

Die 2e kamer se vloer is nou geolie - www.aardskip.com - The second room's floor is now water resistant - Goto the weblog for more descriptions.

This week was a very slow week we only had two productive days. We worked on the bathroom's dry walling and continued with plastering. Photo show the second room's oiled floor. The floor is now completely water resistant and will not keep on giving of dust.

-o0o------------------

Die week was 'n reedelike onproduktiewe week. Die week wat nou kom sal ons werk aan die riool stelsel.

Die foto wys die tweede kamer se geoliede vloer, wat nou ten volle waterdig is. Daar is twee lae sonneblom olie en een laag lynsaadolie gemeng met terpentyn.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

Monday, 8 April 2013

We can harvest and eat. - Binne drie maande is die eerste bone al eetbaar.

Ons is besig om die kamers een vir een te pleister en te witwas. Die tweede- en badkamer is reeds klaar. Die tweede-kamer se vloer is ook nou heeltemal klaar.

Verder het ons reeds die kombuis se werksblad, opwasbak en krane is geïnstaleer. Heerlik ons kan al ons skottelgoed met warm water was.

Laastens die plante groei baie goed, hier is 'n foto met ons eerste oes (bone), binne drie maande. Daar is ook 'n paar vlinders in die aardskip.

-o0o------------------

Currently we are busy with the plastering and white washing of the all the rooms, the second room and bathroom are done. The second room's floor is also complete!

The zinc's taps are now installed, so we can now wash our dishes with hot water.

We can start to harvest our beans within three months. See photo. The earthship is also home for a couple of butterflies.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

Friday, 29 March 2013

Ons het warm water - sun will now give us also hot water

Now we have hot water from the sun. Seeing that we have water to fill the geyser it was now possible to install the vacuumed pipes to generate hot water.

We have installed the kitchen table top.

The second room's floor is oiled and it looks stunning. We oiled it with two layers of sunflower oil and one layer of linseed oil. The linseed was diluted with turpentine, so that it could penetrate better. This floor is hard and can be compare to a wooden floor. There is not a single once of cement in the floor.

-o0o------------------

Die foto is geneem van die Noord-Ooste en u kan die solarwarmwaterstelsel sien op die dak van die aardskip. Die stelsel is nou ten volle werkend. In die foto kan u ook die PV sonpanele (regs op die grond) en die septiestenk (swart koepel) duidelik sien. Byde die items moet nog op hulle regte plek geplaas word, op die dak en ondergronds.

Verder is 2de kamer se vloer ge-olie met twee lae sonneblomolie en 'n laag lynsaadolie. Die lynsaadolie moet die reuk van die sonneblomolie verbloem of moet ek sê vergeur.

Verder vorder die badkamer-kombuis-eenheid goed. Die kombuis se werkblad en afwasbak (zink) is geplaas. Krane en water sal volgende week gekoppeld word.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

Saturday, 23 March 2013

We can now drink our rainwater - Toevoerwaterpomp is werkend

Ons het die week die volgende vermag.

+ Die 2e kamer se vloer sal Maandag gereed wees om ge-olie te word.
+ Verder werk ons water toevoer goed, alle lekke is ontlek en ons drink ons heerlike reënwater. Maandag sal die songeyser gekoppel word.
+ Die badkamer vorder fluks. Arno kalk pleister die muur, die water is werkend, die badraam is gemaak.
+ Die plante groei ook goed. Sien foto.

-o0o------------------

In the foto you see our water supply pump and filter station. The hotwater geyser will be connected soon. Our bathroom is getting on well, all taps are in position, Arno is busy with limeplaster and the bath's frame is installed. Furthermore the plants in the planter are growing much better, see our small-tiny pumpkin. The second bedroom's floor is ready to be oiled.


Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

Saturday, 16 February 2013

Sitkamer vloer - Aardskip.com - Lounge floor.

Die week was 'n halwe week, want ons moes 'n bietjie na Kimberly gegaan het vir besigheid en ons het 'n begrafnis van vriende van ons bygewoon. By so geleentheid is daar nogal baie wat deur 'n mense se kop maal.

Verder moes ons ongelukig afskeid geneem het van Omar Fourie wat vanaf Okotber 2012 so twee maal 'n week in die ogende vrywilgers diens gedoen het by die Aardskip.

So tussen al die afleidings deur kon ons darem die growwe vloer laag van die sitkamer klaar gemaak het, sien foto. Verder het ons ook die eerstelaag pleister in die derde kamer voltooi.

-o0o------------------

This week was quite eventful; a day trip to Kimberly, a funeral of a friend and a farewell to a volunteer, Omar Fourie.

However we did manage to complete the lounge floor (ruff) and the third room plastering (first layer).

Groete
Ludwig, Retha, Arno en Omar

info.everson@gmail.com
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
2 January 2012

Donasies - donations
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Saturday, 9 February 2013

Dinning room floor - Aardskip.com - Voor en na.

Currently we are done with pre-final layer of the dinning room floor, see photo for a before and after shot.

The planning is to complete the lounge floor this coming week en to start with the bathroom wall. This will be a dry wall which will contain the plumbing of the kitchen and the bathroom.

Last week Pieter Kamfer left us and soon Retha will join our forces.

-o0o------------------

Die tweede kamer se ooste muur se onderlaag pleister is klaar danksy Arno.

Die eetkamer se voor-laaste vloer laag is klaar, sien die voor-en-na-foto.

Siende dat Volkskool nie meer Retha se dienste benodig nie, sal Retha vir my en Arno in Maart kosteloos kom help om die Aardskip leefbaar te maak.

Groete
Ludwig, Retha en Arno