Showing posts with label Dak / Roof. Show all posts
Showing posts with label Dak / Roof. Show all posts

Saturday, 8 September 2018

Afdak - Feb 2018
Carport - Feb 2018


In Februarie het ons iemand gekry wat ons afdak verder kon bou. Hy het die staal konstruksiegemaak en die dak en geute opgesit.

In February we found someone who could complete our carport. He made the steel construction and the roof and gutters.

Regards
Ludwig en Retha Everson

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
http://www.facebook.com/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Tuesday, 16 June 2015

Aardskip in die nag - aardskip-com - in the night.

Hier sien julle 'n foto van die Sonksip in die nag, my ma het vir my 'n paar son-tuinlampies gekoop, wat ons soos lanterns geplaas het op elke pilaar. 

Here you see a picture of the Sonksip at night, my mother had bought me a couple of solar garden lamps, which we placed like lanterns on each pillar.


English follows


Om die een of ander rede kry ek dit nie meer reg om elke week inligting op die weblog te plaas nie.

In elke geval wat het gebeur sedert die vorige plasing?
1. Ons het die linkerkant van die voorste dak aan die agterste dak gekoppel met 'n geut. Nou kan ons 'n bietjie meer reën opvang.
2. Gewerk in die binne tuin en redelike hoeveelheid groente geoes.
3. Pleister werk herstel. ('n Plank het van die steier afgeval en die pleister beskadig.)
4. Ons duur Snappy induksie plaat het ingekonk en toe sommer ook die nog duurder omsetter (wisselrigter). Nogal groot skade, ongeveer so R3000,00. Ons leen tans 'n omsetter van Julius Jansen van Vuuren. Baie dank aan Julius.



-o0o------------------------------

For some reason I do not manage to post weekly anymore.

Well what happened since the last post?
1. We connected the left side of the front roof to the rear roof with a gutter. Now we can catch a little more rain.
2. Worked in the inside planter. We harvest a fair amount of vegetables.
3. Plaster Restoration. (A beam from the scaffold fell and damaged the plaster.)
4. Our expensive Snappy induction plate gave in and soon after that the even more expensive converter. Quite an expensive damage, about R3000,00. We currently lend a converter from Julius Jansen van Vuuren. Many thanks to Julius.


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Saturday, 13 December 2014

Geut herstel na haalbui. In die sonskip gebruik ons die son se volle potensiaal; vir warmwater, krag, kook en plante. - www.aardskip.com - Gutter fixed and ready for next rainstorm.

All preparations for the Solar course is completed and all places are nearly filled.

Course is the 17 of December in Orania in Afrikaans.

In the picture you can see the gutter that was repaired after the last hailstorm. The hail the gutter's brackets were bend. In other words, the water poured down infront of the door.

We have also slightly changed the catchment water tanks's connections. The first tank will from now on always be full, and the overflow of his will fill the other tanks. This is done because the first tank withstands a fair amount of pressure from the hill and for the tank's "health", we decided keep this tank full. In case of a drought we can open the valve at the bottom to let the first tank also empty.

-o0o--------------------------------------

Alle voorbereidings vir die Sonkrag kursus is voltooi en alle plekke is byna gevul.

Kursus is die 17 Desember in Orania in Afrikaans.

In die foto sien u die geut wat herstel is na die vorig haelbui. Die hael het die geut se hakke heeltemal laat om buig, a.g.v. die hael se gewig. M.a.w. die water het presies voor die deur gestort.

Ons het ook die opvang watertenks se konneksies ietwat gewysig. Die eerste tenk sal na dese altyd vol wees en die tenk se oorvloei sal die ander tenks vol maak. Dit is gedoen omdat die eerste tenk redelik drukking moet weerstaan van die grond en vir die tenk se "gesondheid" het ons besluit om
die tenk vol te hou. In 'n droogte kan ons die klep aan die onderkant oop maak om die eerste tenk ook te laat leegloop.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Saturday, 18 October 2014

Ekstra isolasie op die plafon - www.aardskip.com - Extra insulation from recycled polystyrene on the ceiling.

Die laaste twee weke het ons hard gewerk om die tweede kamer se plafon, deur en vensters klaar te maak. In die foto sien u die ekstra herwonne polistireen wat ons gebruik vir ekstra isolasie. Die polistireen het ons by die asgate opgetel in stukke gebreek van kleiner as 50mm in deursnee en in sakke geplaas en bo op die plafon geplaas. Die effek van die totale isolasie is geweldig.

Sien tabel vir die minimum en maksimum temperature in grade Celsius.
T. is waar slegs die effek van die termiesemassa gemeet is.
I. is waar ook die effek van die plafon met isolasie gemeet is.
Die I. deel van die tabel se data is gemeet vanaf 09-09-2014 en die T. gedeelte die tydperk voor die plafon met isolasie geplaas was in "Kamer 3".

 -------- --------- ------- ------- ---------
|        | Kamer 3 |  Gang | Buite | Kamer 2 |
 -------- --------- ------- ------- ---------
| T. Max |   36.00 | 36.00 | 44.00 |   35.00 |
| T. Min |    5.00 |  5.00 | -6.00 |    6.00 |
 -------- --------- ------- ------- ---------
| I. Max |   25.00 | 30.00 | 37.00 |   29.00 |
| I. Min |   18.00 | 11.00 |  1.00 |   10.00 |
 -------- --------- ------- ------- ---------

Uit die tabel is die termiesemassa se effek die duidelikste sigbaar tussen die "Buite" temperatuur en "Kamer 2". Die minimums verskil 12 grade en die maksimums 9 grade, elke keer tot die voordeel van die inwoner. So die termiesemassa effek is so 10,5 grade.

Die effek van die isolasie en plafon is duidelik te sien in die temperature tussen "Kamer 3", "Gang" en "Kamer 2". Hier verskil die minimums 8 grade en die maksimums 5 grade. So die isolasie effek is so 6,5 grade. Ten opsigte van die "Buite" temperature verskil die minimums 17 grade en die maksimums 12 grade. Dus is beide se effek so 14,5 grade.



Intussen gaan dit goed met die voedsel produksie, ons het genoeg Flespampoen ("Butternut"), Tamatie, Spinasie, Boerekool ("Kale"), Basiliekruid, Roosmaryn, Origanum, Pietersielie, Slaaiblare en Wortels. Verder groei die piesang- en avokadobome baie goed.


Die week het die 12mm gereën en is die tenks nou 40% vol.
-o0o-------------------------------------

The last two weeks we have worked hard to finish the second room's ceiling, door and windows. In the picture you can see the extra recycled polystyrene that we used for extra insulation. We picked up the polystyrene at the rubbish hole, broken it into smaller than 50mm in diameter pieces and placed it in bags and put the bags on top of the ceiling. The effect of total insulation is great.

See table for min and max temperatures in degrees Celsius.
T. is were we only measured the effect of thermal mass.
I. is were we also measured the effect of the ceilings and insulation.
The I. part of the table's data is measured from 09-09-2014 and the T.part predates the ceiling and insulation installation in "Room 3".

+--------+--------+---------+-------+--------+
|        | Room 3 | Planter |   Out | Room 2 |
+--------+--------+---------+-------+--------+
| T. Max |  36.00 |   36.00 | 44.00 |  35.00 |
| T. Min |   5.00 |    5.00 | -6.00 |   6.00 |
+--------+--------+---------+-------+--------+
| I. Max |  25.00 |   30.00 | 37.00 |  29.00 |
| I. Min |  18.00 |   11.00 |  1.00 |  10.00 |
+--------+--------+---------+-------+--------+

From the table is the effect thermal mass is most visible between the "Out" and "Room 2" temperatures. The minimums vary 12 degrees and maximums 9 degrees, each time to the benefit of the occupants.

The effect of the insulation and ceiling can clearly be seen in the temperatures between "Room 3", "Planter" and "Room 2". The differences are for the minimums 8 degrees and for the maximums 5 degrees. In relation to the "Out" are the temperatures 17 degrees for the minimums and the maximums is 12 degrees.


Meanwhile, goes well with our food production, we have enough Butternuts, Tomatoes, Spinach, Kale, Basil, Rosemary, Oregano, Parsley, Lettuce and Carrots. Further grow the banana and avocado trees very well.


The week it rained 12mm and the tanks now 40% full. We are very thankful.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Sunday, 6 July 2014

Die fotovoltpanele is op die - www.aardskip.com - we have placed the PV pannels on the roof.

In die foto sien u die fotovoltpanele op die dak en ook die span wat gehelp het om dit daar te kry. V.L.N.R. Tommie, Jaco, Arno en CJ. Die aksie was moontlik gemaak deur Tommie wat die aluminium fabriek in Orania besit. Die aluminium dwarslatte wat gebruik was om die pannel so netjies vas te maak is ontwerp en gemaak deur Tommie. 'n Groot deel van Tommie se fabriek werk ook op sonkrag. Dankie Tommy en die res van die span.

Agter die venters sien julle on kop hoë piesangboom, botterskorsie ranke en 'n hele spul tamaties.

Die grys watersel se vetfilter is skoon gemaak.

Temperature die week was so laag as -3 grade buite en tog terselfde tyd 12 grade binne.

Verder het ons 'n draagbare rugsteun gas geyser geïnstaleer vir die dae wat dit so bewolk is.

Laastens is daar ook nou 'n Ultra Violet waterfilter geplaas om die koue drinkwater te steriliseer.
http://en.wikipedia.org/wiki/Ultraviolet_germicidal_irradiation


-o0o---------------------

In the picture you can see the PV panels on the roof and also the team that helped. F.l.t.r. Tommy, Jaco, Arno and CJ. The action was made possible by Tommy that owns the aluminum factory in Orania. The aluminum crossbars that were used for the panels was designed and made by Tommy. A large part of Tommy's factory also works on solar energy.

Inside the earthship you see banana tree, butternut creepers and a whole bunch of tomatoes.

Temperatures this week were as low as -3 degrees outside and yet at the same time 12 degrees inside.

Furthermore we installled a portable backup gas geyser installed for the cloudy days.

Finally, there is also an Ultra Violet water filter placed to sterilize cold drinking water.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson en die PV instalasie span (Tommy, Jaco, CJ & Arno)

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid AfrikaA
Sel: +27 73 134 9671
Tel: +27 53 207 0029
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Friday, 24 January 2014

Read the visitors entries Desember 2013 - www . aardskip . com - Lees wat ons besoekers sê - Goto the weblog for more info.

Guestbook entries - Gasteboek inskrywing (03 - 16 December 2013)
----------------------------------------------------------------

03/12/2013
* Jaco Pieterse (Hartbeesfontein) - Baie interessant. Hou van die water sisteem. / Very interesting. Like the water system.

06/12/2013
* Michea & Denise Moys
* Gerrie Stammis - Wonderful - an inspiration! / Wonderlik - 'n inspirasie.

07/12/2013
* Karl Kemp (Stellenbosch) - ONGELOOFLIK! / Amazing!
* Jaco du Plessis (Stellenbosch) - 'n Voorbeeld vir die toekoms. / An example for the future.

08/12/2013
* Andre Dannhouser (Orania) - Besonder kreatief en interessant! / Very creative and interesting !

09/12/2013
* Jannie van Eden (Groblersdal) - BAANBREKERS WERK. INNOVEREND. / Groundbreaking. Innovative.
* Antonette Viljoen (Johannesburg) - Besonderse huis!! / Exceptional home!
* Bill Ely (George) - Ongelooflik. / Unbelievable.

10/12/2013
* Elmien le Grange (Pretoria) - My mond "hang" oop!! / Wow, I am extremely surprised!

11/12/2013
* Mnr & Mev Pistorius (Durban) - Ongelooflik interessant. / Incredibly interesting.

12/12/2013
* Mnr & Mev June Maree (Bloem) - Ongelooflik! / Unbelievable!
* Victor Maree (Randburg) - Baie mooi! / Very nice!
* Johan & Leoni de Klerk & kinders (Orania) - Baie interessant! / Very interesting!
* Johannes Malherbe - Dankie, sal graag voortbou hierop. / Thanks, would like to build on this.
* Lianke & Deon Stans - Baie interessant. Baie mooi. / Very interesting.
Very nice.
* Chris & Sussan Schumyn - Absoluut asemrowend wat bereik kan word met bietjie grysstof. / Absolutely stunning what can be achieved with little gray matter.
* Lynette & Daniel Mulder $ Oswald - BAIE GELUK & VOORSPOED MET DIE PROJEK.
/ CONGRATULATIONS & GOOD LUCK WITH THE PROJECT.
* Rosheen Joubert (Ladysmith) - Baie besonders! Goeie voorbeeld wat die res van ons moet volg. Voel baie meer 'groen' na die besoek :-) / Great! Good example what the rest of should do. Feel much more 'green'  after my visit
:-)
* Amika Fouché (Pothefstroom)

13/12/2013
* Tom Zandberg (Albertinia) - BESONDERS. / UNIQUE.
* Gerie Myburg (Pretoria) - Baie besonders. / Very special.
* Adriaan & Hedriette Swanepoel (Benoni) - Sjoe, jul is baie oorspronklik en kreatief. Ons kan eintlik almal by jul leer! / Wow, your are very original and creative. We can actually all learn from you!
* Werner & Suzette Erenst (Secunda) - So interessant! Sterkte met die voltooiing van jul projek! / So interesting! Good luck with the completion of your project!

16/12/2013
* Benjamin Fourie (Bethulie) - Met die hoop op lewende kunsliedere! / With the hope of living art songs!


Vrywaring: Vertaling bygestaan deur Google. (http://translate.google.com/#en/af/)
Disclaimer: Google assited translations.(http://translate.google.com/#af/en/)

-o0o----------------------------------------

We will add more entries to the blog in due course.

Sal binne kort nog inskrywings plaas.

-o0o----------------------------------------

Groete/Greeting
Ludwig & Retha Everson

Wednesday, 26 June 2013

Volksblad Noord-Kaap http://www.volksblad.com/nuus/2013-06-24-son-demonstrasie-in-aardskip-wys-somme-is-reg geskryf deur Charné Kemp

Die artikel was in die Volksblad 24 Junie 2013.

(As iemand 'n kopie het kan ons dit asb. kry?)

http://www.volksblad.com/nuus/2013-06-24-son-demonstrasie-in-aardskip-wys-somme-is-reg

(For the English readers please Google Translate to get the gist of the article.) http://translate.google.com/#af/en/

=========================

Son-demonstrasie in aardskip wys somme is reg
---------------------------------------------

Charné Kemp


ORANIA. – Die bewoners van die aardskip op Orania het Saterdag hul meetinstrumente uitgehaal om die wintersonkeerpunt en hoe ver die son in hul huis skyn, te meet.

Ludwig en Retha Everson, die eienaars van dié eko-vriendelike huis wat onafhanklik van munisipale water, krag en riolering is, was verheug om te sien dat hul aanvanklike berekeninge korrek was.

Die huis, wat in die koppie geanker is, het 'n noordelike glasmuur waardeur die son in die winter skyn om die huis te verwarm. In die somer skyn die son nie in die huis nie, wat dit sodoende koel hou.

"Dit was Vrydag die kortste dag van die jaar en dus die wintersonkeerpunt. Ons wou egter soveel mense moontlik kry om te kom kyk hoe dit werk en het die geleentheid Saterdag gehou.

"Ten tyde van die wintersonkeerpunt sal die son die verste in die huis inskyn. Ons meet die son om 12:00, hoewel dit soggens en laatmiddae dieper inskyn. Teen 08:00 en 17:00 raak die sonstrale die agterste muur van die aardskip, sowat 7 meter diep. Dit is wanneer die son op sy mees noordelike
posisie, oor die Kreefskeerkring, geleë is.

"Van nou af sal die middagson minder en minder in die huis inskyn tot en met 22 Desember, wanneer die son se loodregte strale op die Steenbokskeerkring val. Dit is die somersonkeerpunt. Dan keer die son weer terug.

"Vir ons dieptemaat het ons 'n maatband reg by 'n pilaar, loodreg op die voorkant van die aardskip geplaas. Op die presiese oomblik toe die pilaar se skaduwee langs die maatband geval het, het ons 'n merker geplaas waar die dak se skaduwee geval het, en die afstand afgelees. Dit was 'n ongelooflike 4,62 meter. Dit het om 12:15 gebeur, sewe minute vroeër as die teoretiese berekeninge. Die afwyking beteken waarskynlik dat die huis nie presies noord kyk nie, of die maatband was nie presies loodreg op die voorkant van die
huis nie.

"Of," sê hy grappenderwys, "die lengte- en breedtegrade van die aarde is nie presies reg nie . . ."

Om die hoek van die winterson te bepaal het hy 'n pyp gebruik waardeur die sonstrale 'n helder ronde sonkol op die vloer gegooi het.

"Ons het 'n karton oor die pyp geplaas om die sonstrale af te keer sodat ons die sonkol duideliker kon sien. Die berekeninge het ons 'n hoek van 36,7 grade hier op Orania gegee. Op die Kreefskeerkring was dit waarskynlik 90 grade."

Die argitek wat die huis ontwerp het, was tevrede met sy berekeninge, sê Everson.

"Ek dink die huis is goed beplan. Ons huis is net diep genoeg sodat die son lekker diep inskyn en die dak is nie onprakties hoog nie."


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Sunday, 23 June 2013

Winter-Son-Keerpunt metings - Sun shone @ 12:15, 4.62m in www.aardskip.com @ an angle of 36.7 - Winter Solstice measurements

Op 22 Junie 2013 het ons dit gewaag om te meet hoe ver die son in die aardskip in skyn. Die egte keer-punt was wel die 21ste, maar vir gerieflikheidshalwe het ons 'n bymekaarkoms gereël vir die publiek om die gebeurtenis ook te aanskou. Sien eerste foto.

Dit is die diepste wat die 12:00 son sal inskyn in die aardskip. Dit gebeur as die son se strale loodreg val op die kreefskeerkring. Uiteraard skyn die son selfs dieper in vroeër en later die dag. Om die waarheid te sê so 8:00 en 17:00 raak die sonstrale die agterste muur van die aardskip, so ses meter diep. Van nou af sal die 12:00 son minder en minder die huis in skyn tot en met 22 Desember en dan keer hy weer om, dit gebeur as die son se loodregte strale op die steenbokskeerkring val.

Vir ons diepte meting het ons 'n maatband, reg by 'n pilaar, loodreg op die voorkant van die aardskip geplaas. Op die presiese moment toe die pilaar se skaduwee langs die maatband geval het, het ons 'n merker geplaas waar die dak se skaduwee geval het en die afstand afgelees, 'n ongelooflike 4.62 meter. Die moment het om 12:15 gebeur, 7 minute vroeër as die teoretiese berekeninge. Die afwyking beteken waarskynlik dat of die huis nie presies Noord kyk nie of dat die maatband nie presies loodreg op die voorkant van die huis was nie, of die lengte en breedte grade is nie presies reg nie. Sien tweede foto.

Vir die hoek het ons 'n pyp gebruik waar deur die son se strale 'n helder en 'n redelik ronde sonkol gegooi het op die vloer. Ons het 'n karton oor die pyp geplaas om die sonstrale buite die pyp af te keer en op die manier kon ons die sonkol duidelik in die skaduwee van die karton sien. Die pyp was 1700mm hoog van die vloer aan die pilaar vas gemaak en na ons die pyp so gedraai het dat die kol duidelik was, was die sonkol 2280mm van aanhegtings punt van die pyp gewees. Die berekening gee ons 'n hoek 36.7 grade. Interessant die hoek stem ooreen met teoretiese berekening.

-o0o-----------------------------------

On the 22nd of June we measured the time, the depth that the sun shone into the earthship and angle when the sun was at its highest point. In order to share this event with as many people as possible we did the measurement on the 22nd and not the 21st of June 2013. See first photo.

We placed a measuring tape 90 degrees to the front of the earthship next to a pillar inside the earthship. At the moment when the shadow was right next to (parallel) the tape, we placed a marker where the shadow of the roof was. The distance was 4.62 metres from the front of the earthship and the time was 12:15. See second photo.

To calculate the angle we attached a pipe with a cardboard (see photo) to cast a shadow on the floor with a sunspot in the middle of the cardboard's shadow. The pipe was 1700mm from the floor and the sunspot was 2280mm away from the attacment point. This resulted in a angle of 36,7 which agreed with theoretical angle of the earthship's position.


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Monday, 17 June 2013

Waterwerke www.aardskip.com Water works ZERO water footprint house

Hier sien 'n skets van hoe die aardskip se waterstelsel in mekaar sit. Ons kry die water uit die lug, gebruik dit vier keer en laat dit weer vry in dieselfde lug.

-o0o-----------------------------------

This diagram show how the earthships water system works. We capture the water from thin air use the water four times and release it back into thin air.



Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno Everson

Friday, 8 March 2013

Sonskip NW aansig - Earthship NW view time lapse video - Feb 2013

North-west view of the building of the earthship in Orania, South Africa. For more info goto http://www.aardskip and for more photos click on "Blog".
-o0o----


Die video is gemaak uit daaglikse fotos wat geneem is van die Noordwestelike hoek van die erf. Toe die bouery binne begin was daar slegs een foto per maand geneem.

Ludwig en Retha Everson

Friday, 17 August 2012

Aardskip se nok is op - ridge flashing is done

Franky en Danie placed the ridge flashing on the aardskip. It is done.

17 Aug 2012

Aardskip se eerste nok

Franky en Danie place first ridge flashing of the aardskip.

13 Aug 2012

Aardskip sonder nok

Franky on top of the world.


Groete van die span /Greeting from the team

Ludwig, Retha, Franky en Danie

12 Aug 2012 http://www.aardskip.com kliek op BLOG / Click on BLOG

Friday, 10 August 2012

Voorste dak dag 1 - Front roof day 1

Groete van die span /Greeting from the team

Ludwig, Retha, Frank en Danie

8 Aug 2012 http://www.aardskip.com kliek op BLOG / Click on BLOG

Voorste dak dag 2 - Front roof day 2

Groete van die span /Greeting from the team

Ludwig, Retha, Frank en Danie

9 Aug 2012 http://www.aardskip.com kliek op BLOG / Click on BLOG

Voorste dak dag 3 - Front roof day 3

Groete van die span /Greeting from the team

Ludwig, Retha, Frank en Danie

10 Aug 2012 http://www.aardskip.com kliek op BLOG / Click on BLOG

Friday, 3 August 2012

View from the east - Sig van die ooste

Let op hoe in lyn loop die voorste raam. Dankie aan 'n goeie span.

Check how straight is the front frame. Thanks to good team-work.

Groete van die span /Greeting from the team
Ludwig, Retha, Frank en Danie
3 Aug 2012 http://www.aardskip.com kliek op BLOG / Click on BLOG

Wednesday, 23 May 2012

The roof and commitment

We once again lost a team member amazing how people just do not have any commitment or the guts to tell us what bother them. Unfortunately if more money is the issue we can not do much about that, but at least please have the decency to give us a week or two notice.
 
Anyway we have done it we put up the major part of the roof, the back roof is up. Well done Frank and Danie! See photos of the installation of the last plate..
 
The next step is to start with the building of the grey water-cell and foundation of the front glass wall.
 
-o0o---------------------------------------
 
Dit is ongelooflik meeste van my werkers het net weg geloop sonder om kennis te gee. Self my werker wat die langste (3 maande) gebly het, het geloop sonder om kennis te gee.
 
In elke geval die dak is op, die agter kant. Baie geluk Frank en Danie, anhouers wen!! Sien fotos.
 
Volgende stap is die bou van die gryswater-sel en die fondament van die voorste glasmuur.
 
Groete van die span
Ludwig, Retha, Frank en Danie
23 Mei 2012
 
 

Saturday, 12 May 2012

Het stoortje

1) Die manne wat die stoor gebou het.
The team that build this store. This store stabelized the western wall.
Danie, Frank & Alan
 
2) The store agains the western wall.
Die stoor aan die weste kant.
 
3) Venster in die stoor. Hier is slegs bottels, klei en strooi gebruik.
The store window. We only used bottles, klay and straw.
 
The last couple of weeks we prepared to place the back roof. Everytime we plan to place the roof something else happens.
 
Die week wat kom SAL ons die agter dak plaas.
 
Groete van die span
Ludwig, Retha, Alan, Frank en Danie
12 Mei 2012