Showing posts with label Materiaal/Materials. Show all posts
Showing posts with label Materiaal/Materials. Show all posts

Saturday, 28 October 2017

Herwinning
Recycling


Ons bly maar besig met herwinning en hier is ‘n lampskerm wat ons gemaak het van herwinde koeldrank bottels.

Aardskip groete

We keep on recycling and here is a lampshade we made of recycled soft drinks bottles.

Regards
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
http://www.facebook.com/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Tuesday, 28 April 2015

Volunteer came to help us at the - aardskip.com - is gehelp deur Willem van As.

In die fotos sien julle Willem van As, wie ons kom help het in sy vakansie. Baie dankie Willem.

Ons het aan die ooste kant van die aardskip gewerk. Die strooibale is weer vasgebind en alle gate is toe gestop. Tans is ons besig om die muur te pleister.

Binne kort sal julle geen strooibale in die aardskip sien nie.

Wat dink julle moet ons 'n waarheidsvenster in sit?

-o0o---------

In the picture you see Willem van As who come to help us in his holiday. Thank you Willem.

We worked on the eastern side of the earthship. The bales are tied to the structure and all holes were plugged. Currently we are plastering the wall.

Soon you will not see any straw bales in the earthship.

What do you think, do we need to place a truth window?

vriendelike groete
Ludwig Everson en Willem van As
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Monday, 25 August 2014

Progress of ceiling in second room - www.aardskip.com - 2e kamer se plafon vorder.

This past week we continued with the ceiling in the second bedroom. See photo.

If you asked how do we cut the wood to fit so perfectly in the arch, we will not tell you. Joke, we first measure the arch and then cut a cardboard template and then make the wooden ceiling panel. Tedious process, but it works. By the way the wooden ceiling panels are made from second hand solar panel pallets.

We also started to bake bread in the solar oven and it works very well, thank you very much.

Feedback: The grey water system is working fine again.

-o0o---------------------

Die afgelope week het ons voortgegaan met die plafon in die tweede slaapkamer. Sien foto.

As jy vra hoe hoe doen ons dit om die hout so perfek te laat pas in die boog, sal ons jou nie vertel nie. Grap, ons meet eers die boog en dan maak ons 'n karton sjabloon en dan saag ons die hout plafon paneel uit. ´n Uitgerekte proses, maar dit werk.

Ons het ook begin brood in die sonoond te bak en dit werk baie goed, baie dankie.

Terugvoering: Die gryswaterstelsel werk weer goed.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Saturday, 15 March 2014

Son skuif in - www.aardskip.com - it is autumn and we are getting sun inside.

In die foto sien die herstelde plantebak. Die plantebak se muur was gebou met cob en blikkies. Die bokant se pleister laag was iets te dun en moes dikker gemaak word.

Verder kan u ook sien hoe die son weer begin inskyn in die plantebak in. Dit is goeie en slegte nuus. Die goeie nuus is dat ons weer saadjies kan saai, want in die somer wou die plante nie groei nie. Daar was geen direkte sonlig in die plantebak nie. Die slegte nuus is dat Orania nog nie behoorlik afgekoel het nie en die gang bly nou iets te warm.

Wie van julle kan die botterskorsie sien?

NOTA: Dit het so week gelede 16.9 mm gereën en gister nog so 6mm. Van laas week al is ons 30kl tenks vol.

-o0o----------------------------------------

In the photo you can the renovated planter. The planter wall was built with cob and cans. The top plaster layer of the wall was to thin and had to be made thicker.

You can also see the sun shining into the planter again. This is good and bad news. The good news is that we can sow seeds again. In the summer the plants did not grow, because there was no direct sunlight in the planter. The bad news is that Orania has not properly cooled down and the passage is
now still a bit to hot.

Who of you can see the butter nut?

NOTE: Last week it rained 16.9mm and this week 6mm. Out tanks are full. - 30kl!

Groete/Greeting
Ludwig en Retha Everson

NOTE: Thanks for all the donations that we already received.

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Saturday, 21 December 2013

Lees wat ons besoekers sê oor die - www.aardskip.com - Read the visitors entries October 2013

In the photo you see our cristmas tree made from recycled material.
Ons kersboom gemaak met herwonne materiaal.

Guestbook entries - Gasteboek inskrywing (Vervolg Oktober 2013)
-----------------------------------------------------------------

01/10/2013
* Hennie & Salomé Oosthuizen - Baie interessant en leersaam / Very interesting and informative.
* Lex de Jongh (Utrecht, NL) - Baie beïndrukkend! Sterkte met de afronding! / Very impressed! Good luck with the finishing touches!
* Dale & Erika (Somerset Oos)- Baie dankie! Verskriklik interessant. / Thank you! Terribly interesting.
* Gis Saaiman (Kimberley) - Baie interessant / Very interesting

06/10/2013
* Hein & Lollie Grisel (Bloemfontein) - Noag in Orania / Noah in Orania

12/10/2013
* Dirk & Sandra (Stellenbosch)- Baie interessant! / Very interesting!
* Jacques & Mada (Pretoria)- Amazing / Wonderlike
* Louél & Mercyl (Pretoria)- Baie inspirerend./ Very inspiring.

15/10/2013
* Jan & Susan (Boksburg) - Goeie praktiese uitvoering van idees. / Good practical ideas.

16/10/2013
* Juanita Momberg (Weskaap) - Baie dankie. Beïndruk. / Thank you. Impressed.
* Time & Maudie Surman (Pretoria) - Baie dankie. Baie interessant. / Thank you. Very interesting.

18/0/2013
* Hein Taljaard (Port Shepstone) - Baie dankie vir die baie interesante veduideliking van die "groen" konsep. /Thank you for the very interesting explanation of the "green" concept.
* Pieter Buhrmann (Kentz) - Baie goeie aanwending van afval produkte en sterkte met julle projek. / Very good use of waste products and good luck with your project.

21/10/2013
* Sunuy Grant (Top Travel, producer)- Fantastic! / Fantastiese!
* Charles Watson (Top Travel, camera man)- Brilliant Place. / Briljante Plek.
* Jeannie D (Top Travel, presenter)- Love what you have done with the sunship, brilliant! / Hou van wat jy met die Sonskip gedoen het, briljant!
* Janez Vermeiren (Top Travel, presenter)- Incredible application of much knowledge. Learned a lot. / Ongelooflike toepassing van baie kennis. Baie geleer.

22/10/2013
* Wynand Steenkamp - Ongelooflike toepassing van kennis. Baie geleer. Dankie!! / Amazing application of knowledge. Learned a lot. Thank you!

23/10/2013
* Jan & Elsa Krugell (Louis Trichardt) - Indrukwekkend en baie interessant. / Impressive and very interesting.

25/10/2013
* B Duncan (JHB) - Great iniciative. Let's see more people trying green initiatives. / Groot inisiatief. Kom ons kyk of meer mense die groen-inisiatiewe sal probeer.

26/10/2013
* Dave Duncan (Hopetown) - Fascinating. Come and see us./ Fassinerend. Kom besoek ons.
* Stephen (Bloemfontein) - Save the earth / Bewaar die aarde

31/10/2013
* Rina Rheeder (Wesselsbron, VS) - Wonderlik mooi. Het die inligting baie nuttig gevind en leersaam. Baie dankie. / Amazing beautiful. The information was useful and informative. Thank you.
* Phuthgo Disksole (Pretoria) - The concepts are very inovative and should be used everywhere, as they will solve building and food security problems. / Die konsepte is baie innoverend en moet oral gebruik, aangesien hulle die bou- en voedselsekuriteit probleme kan oplos.
* Leon Goosen - Ongelooflik!! Baie dankie dat ons julle skepping kon sien en beleef. Mag die Here julle seën! Baie liefde. / Unbelievable! Thank you for let us see and experience your creation. May God bless you! Much love.
* Pieter Ferrera - Baie dankie vir julle gasvryheid. Baie interessant en opvoedkundig. Jesus liefde. / Thank you for your hospitality. Very interesting and educational. Jesus love.


Vrywaring: Google assited translations.(http://translate.google.com/#af/en/)

-o0o----------------------------------------

We will add more entries to the blog in due course.

Sal binne kort nog inskrywings plaas.

-o0o----------------------------------------

Groete/Greeting
Ludwig, Retha, Joanelle & Arno Everson

Saturday, 2 November 2013

Herwinnig in die - www.Aardskip.com - use pipes and bottels to create doorhandles and glass bricks.

Bou: Die week het ons gewerk aan die badkamer. In die foto sien u die bottel muur se buitekant wat gekalkpleisterlaag is. Verder sien julle hoe ons, ons eie moderne deurhandvatsels maak maak met herwonne materiaal.

Plante: Baie dankie aan tannie Magda Opperman vir die koejawelboom, die boom het onmiddellik uitgeloop. Verder doen ons tamaties baie goed en die eerste tamatie is ryp, volledig organies. Die piesangboom doen nie goed nie, die stegie was seker verkeerd afgesny. Kan iemand vir ons 'n nuwe piesangbome
skenk? Die avokadoboom loop ook baie mooi uit. Verder is tweede oes slaaiblare is ook al eetbaar. Ons eerste blomkool het ook begin blom.

Water: Die gryswater wat gebruik word vir die spoel van die toilet is nou stabiel en skuim nie meer uit die bak uit nie. Reën is nog baie skaars en ons moes 'n paar keer 'n paar liter rivierwater toe gevoeg in ons tenks.

-o0o----------------------------------------

Building: This week we have been working on the bathroom. In the picture you see the outside of the bottle wall. We plastered the lime layer and you see how we make our own modern door handles with recycled material.

Planter: Thanks to Aunt Magda Opperman for guava tree, the tree already sprouted. The tomatoes are doing very well and the first tomato is ripe, fully organic. The banana tree does not do well, maybe the cutting was the wrong size. Can someone please donate the earthship another banana trees? The avocado tree
is doing fine. Our second harvest salad leaves are already edible.

Water: The grey water used for flushing the toilet is stable and does not foam out of the bowl, anymore.Rain is still very scarce and we had to add a few litters of river water in our tanks.

-o0o----------------------------------------

vriendelike groete
Ludwig, Retha en Arno Everson

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Friday, 31 May 2013

Ons woon nou in die aardskip. Foto van die final badkamerteëls - www-aardskip-com - We moved in the earthship and here is a photo of the bathroom tiles.

Ons kamera werk weer so bietjie. Ons woon nou al in die aardskip. Nog baie om te doen, maar ons het 'n dak oor ons kop.

Hier is 'n foto van die badkamerteëls, alle teëls is by ons herwiningsbank op getel. Elizabeth Potgieter het gehelp met die uitleg en plaas van die prentjie. Wat dink julle stel die prentjie voor?

-o0o------------------

We moved in to the earthship, still lots to do, but at least we have a roof over our head.

In the photo you see the final bathroom tile layout. Can you see what the picture represents?

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Tuesday, 21 May 2013

Badkamer voorskou - Bathroom sneak preview...

Hier is 'n foto van hoe die badkamer nou lyk. Ons het 'n vrywilliger gekry wat ons gehelp het vandag. Baie dankie Elizabeth, jou werk is fantasties. Ek plaas binnekort 'n foto van die finale mosaiek. Retha het die raam gemaak. Die hele kunswerk is gemaak van teëls wat ons opgetel het by Orania se herwiningsbank.

-o0o------------------

Here you see a sneak preview of our unfinished bathroom. We had a visitor, Elizabeth, in Orania who volunteer and helped Retha to finish the tiles in the bathroom. She really did a magnificent job. All the tiles was collected from our recycled centre in Orania.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha, Arno & Elizabeth

Saturday, 2 March 2013

Wie is ons nuutste werker? - We should have a working bathroom soon.

We are busy with the bat kitchen-bathroom-area. The septic tank and water pipes are waiting to be install and soon we will have all the rest of the bathroom hardware. On the right in the photo you can see the dry wall and soon this dry wall will be filled with pipes.

On the left in the photo you can see our latest team member. Now we will really get going. Welcome Retha.

-o0o------------------

Ons wil Retha ons nuutste werkende lid welkom heet, sien foto.

Regs in die foto kan u ook die houtraamwerk van die binnemure, waar al die pype gaan kom, sien. Die voordeel van so 'n kombinasie kombuis-badkamer area is dat al die pype is saam en sodoende word daar baie bespaar.

Groete
Ludwig, Retha en Arno

Saturday, 16 February 2013

Sitkamer vloer - Aardskip.com - Lounge floor.

Die week was 'n halwe week, want ons moes 'n bietjie na Kimberly gegaan het vir besigheid en ons het 'n begrafnis van vriende van ons bygewoon. By so geleentheid is daar nogal baie wat deur 'n mense se kop maal.

Verder moes ons ongelukig afskeid geneem het van Omar Fourie wat vanaf Okotber 2012 so twee maal 'n week in die ogende vrywilgers diens gedoen het by die Aardskip.

So tussen al die afleidings deur kon ons darem die growwe vloer laag van die sitkamer klaar gemaak het, sien foto. Verder het ons ook die eerstelaag pleister in die derde kamer voltooi.

-o0o------------------

This week was quite eventful; a day trip to Kimberly, a funeral of a friend and a farewell to a volunteer, Omar Fourie.

However we did manage to complete the lounge floor (ruff) and the third room plastering (first layer).

Groete
Ludwig, Retha, Arno en Omar

info.everson@gmail.com
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
2 January 2012

Donasies - donations
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Sunday, 17 June 2012

Vensters het gekom - Windows arrived thanks to TECH Glass & Aluminium [tga@paco.co.za]

The windows arrived the bottom half are double glazed. (See fotos) TECH
Glass & Aluminium gave us an excellent deal! We will start with the
installation of the windows soon, but first we have to build some wooden
window frames to fit the aluminium windows in. We will also install the
front roof at this stage.

The other two project that we are busy with, is the planter and the gutter
at the back. Both projects are quite challenging. (See fotos)

-o0o---------------------------------------

Die aluminiumvensters is afgelewer. (Sien fotos) TECH Glass & Aluminium het
ons 'n geweldige afslag bewerkstellig, omdat hulle glo in die Aardskip
projek. Sodra die houtvensterrame gebou is sal ons begin met die groot taak
om die venster te instaleer. Tussendeur sal die voorste dak plate opgesit
word.

Die ander twee projekte waarmee ons besig is, is die plantebak vir die grys
water en die geut aan die agter kant van die huis. (Sien fotos)

Groete van die span /Greeting from the team,
Ludwig, Retha, Frank en Danie
17 Junie 2012
http://www.aardskip.com kliek op BLOG / Click on BLOG

Friday, 4 May 2012

Challenges

Currently we have the following serious challenges.

1. The one earthbag wall on the western side is not stable enough and we decided to build the store room first before we continue placing the roof.
See photo of store room in progress.

2. Due to heavy rain in April almost 200 mm. We discover earth movements on the water tanks and we analysed it and have solution to prevent it in the future.

3. Unfortunately we have a more serious water leak on the eastern side of the earthship. This was not suppose to happen, because we were fairly causes with our water protection layer. Unfortunately something went wrong and we will have to do repairs. Additions that we will add, is to keep the rain from penetrating the hill behind the earthship. Plus we will add extra water drainage systems underneath the earthship's floor.

Earthship greetings / Aardskip groete
Ludwig, Retha, Alan, Frank en Danie
www.aardskip.com
2012/05/04

Sunday, 21 August 2011

Aardskip stats: 21 Augustus 2011 August 21 :Earthship stats

Some intial calculations of the recycling materiaal that we will be needing.

Plastic cooldrink bottles ~ 1800 ~ koeldrank bottels
Plastic milk bottles ~ 2010 ~ melk bottels
Tyres(foundation)~ 400 ~ bande (fondament)
Bags (sand)~ 2100 ~ sandsakke
Sand m3 ~ 100 ~ sand kubieke meter

Hier bo is 'n paar hoeveelhede van die herwinde materiaal wat ons gaan nodig
hê.
Wat nog moet bereken word is die hoeveelheid blikkie/glasbottels wat benodig
gaan word.

Groete
Ludwig en Retha

Friday, 3 June 2011

Aardskip Nuus Mei and Junie - Earthship News May and June

-o0o----------


1. Die vrywilliger het nie gebly om ons te help nie, volgens hom het ons nie genoeg ondersteuning van die regering vir die projek nie. Die projek gaan voort met die vriende van die Aardskip.


2. Grond buitekant Orania is nou in ons hande en sal daar begin bou sodra die geleentheid reg is.


3. Ons het 'n offer gemaak vir 'n aardskip erf in Orania. Hou vir ons duim vas dat ons die keer suksesvol is.


4. Sandsakke sal waarskynlik ook gebruik word om die Aardskip te bou. Dit maak net nie sin om groen te bou en dan motorbande van 300 km ver aan te ry nie. Dit is nie goed vir die koolstof voetspoor nie. Sandsakke is ook herwinbare materiaal en pas dus 100% in by die aardskip-idee!


5. Ons gaan n groep op die been bring "Vriende van die Aardskip" wat ons sal
ondersteun met die projek. Ons het reeds belangstelling.



-o0o----------


1. The volunteer came and left without doing a thing. According to him we do not have enough government support (money). Anyway the project will continue with or without him.


2. We are now the owners of ground just outside Orania and will start building there as soon as the time is ready.


3. An offer was made for ground in Orania. Please pray that we will be successful this time.


4. Dirt bags will also be used to build the Aardskip (earthship). There is no ecological (CO2-footprint) sense to build green and to import tyres from 300 km away. Dirt bags are also recycled materials and therefore fits in 100% in the earthship-idea.


5. A supporters group "Friends of the Aardskip" will be started. We already have a number interested parties.


vriendelike groete
Ludwig en Retha

Sunday, 28 November 2010

Verrassing lading bande

Die mense van Orania is die beste!

Ons het sopas 'n lading van ongeveer 200 ou kar buitebande gekry. 'n Goeie vriendin van ons het dit hier gekry deur mense wat by haar gastehuis
geslaap het. Die gaste het 'n erf gekoop en het 'n skeepshouer hier na
Orania gestuur as stoor. Hy het dit toe vol met bande vir ons hier heen gestuur. Dit was een groot verrassing vir ons.

Dankie Tracey, Sanet en Eric.

Friday, 12 November 2010

Tires - Tyres - Bande

Just got an call from "Waste Trade" in PE that they will supply us with enough tyres. Wow!

So pas gehoor dat "Waste Trade" in PE gaan ons met genoeg bande verskaf. Ongelooflik!