Showing posts with label Recycling/Herwinning. Show all posts
Showing posts with label Recycling/Herwinning. Show all posts

Saturday, 8 September 2018

Gang plaveisel en oes - Indoor pavement and harvest - Aug 2018


Hier sien julle die gang gemaak van skalie-klip in plaas van leiklip. Omdat skalieklip nie so verhard is as leiklip nie verbrokkel dit as dit in aanraking kom met water. Om die rede het ons elke klip eers vernis voor ons dit geplaas het. Die gang lyk soos 'n tuinpaadjie en komplimenteer die plantebak baie.

Julle kan sien dat ons weer baie spinasie en tamaties oes die jaar. Van een tamatie plant het ons al sestig tamaties geoes en die einde is nog nie insig. Ook het ons 'n bietjie sukses gehad met soetrissie, brokolie en botterskorsies.

Aardskip groete
Here you see the indoor passage of shale-stone instead of slate. Because shale is not as hardened as slate it break when it comes into contact with water. For that reason, we first varnish each stone before we used it. The corridor looks like a garden path and complements the planter.

You can see that we have a lot of spinach and tomatoes harvest this year. From one tomato plant we have already harvested sixty tomatoes and the end is not yet insightful. We also had some success with sweet pepper, broccoli and butternuts.

Regards
Ludwig en Retha Everson

Lampshade made with brick-force - Lampskerm gemaak met herwinde materiaal. - Feb 2018


Hier sien julle ons tweede lampskerm gemaak van herwinde materiaal. Die raamwerk is gemaak van steenwapening. Verder is daar dan kristalle aan gehang.

Ook kan julle meeste van ons skilderye sien, van my ma, ander bekende Oraniers en Suid-Afrikaners.

Aardskip groete
Here you can see our second lampshade made of recycled material. The framework is made of brick-force. Then we used crystals to make it beautiful.

You can also see most of our paintings, from my mother, other well-known Oranians and South Africans.

Regards
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
http://www.facebook.com/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Saturday, 28 October 2017

Herwinning
Recycling


Ons bly maar besig met herwinning en hier is ‘n lampskerm wat ons gemaak het van herwinde koeldrank bottels.

Aardskip groete

We keep on recycling and here is a lampshade we made of recycled soft drinks bottles.

Regards
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
http://www.facebook.com/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Saturday, 4 February 2017

Afriforum het kom inloer
Afriforum came to visit

Currently the work at the earthship are standing still seeing that Trevor got another woodwork job. We are looking for a contractor that can help us to finish the outside building.

In the photo you see some folks from Afriforum that came to visit.

Regards
Tans staan ons werk by die aardskip stil aangesien Trevor 'n ander houtwerk werk gekry het. Ons is nou op soek na 'n kontrakteur wat ons kan help om die buitegebou te voltooi.

In die foto sien jy Nantes Kelder en sy span (Minette, Bea, William, Salet, Eduan en Nates) van Afriforum wat kom in loer het.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip http://www.facebook.com/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

GPS: -29.8168,24.4115

Saturday, 14 January 2017

Prieel en nuwe vetfilter
Pergola and new grease filter



Our grey water did not ran out as fast as it should have. So we decided to add an additional grease filter and under ground basin between the two planters. In other words the grey water from kitchen, laundry and bathroom have a much shorter rout to take. We will monitor the situation to see what is the effect on the water to the first planter. See first photo.

Ons gryswater het nie so vinnig as wat dit behoort uit te geloop het nie. Dus het ons besluit om 'n bykomende vetfilter en ondergrondse kom te plaas tussen die twee plantebakke. Met ander woorde die gryswater uit die kombuis, waskamer en badkamer het nou 'n baie korter roete te neem. Ons sal die situasie monitor om te sien wat is die effek op die water na die eerste plantebak. Sien eerste foto.



In the second photo you might notice that we added a pergola over our planter for our grapes and other creepers like butternuts. This means we can make beter use of our vertical space.

Greetings
In die tweede foto kan jy sien dat ons 'n prieel bygevoeg bo ons plantebakke vir ons druiwe en ander rankplante soos botterskorsies. Dit beteken dat ons beter gebruik van ons vertikale ruimte te maak.

vriendelik groete

Ludwig en Retha Everson
GPS: -29.8168,24.4115

Saturday, 17 December 2016

Open-plan kitchen, inside of laundry room and pantry
Oopplankombuis, binnekant van waskamer en spens



In the picture you can see how our open-plan kitchen and dining room looks like now. Trevor has worked very hard to get the cupboards so beautiful.
In die foto sien julle hoe ons oopplan kombuis en eetkamer lyk. Trevor het baie hard gewerk om die kombuiskaste so pragtig te kry.




Furthermore you see the laundry room with built-in linen cupboard. The refrigerator is also in the laundry room, because it is cooler than the rest of the kitchen.
Verder sien julle die waskamer met ingeboude linnekas. In die waskamer is ook die yskas omdat dit koeler is as die res van die kombuis.




In the last picture you can see the pantry. Just below the worktop made from recycled kitchen tops, there is a chest with four drawers, not visible. Just visible is the broom closet.

Just a reminder all the cupboards are made of recycled wood.

Lastly, it is incredibly dry in Orania and we will probably have to add 3kl to our tanks.

In die laaste foto sien julle die spens. Net onder die werksblad wat gemaak is van herwinde kombuisblaaie is daar 'n nog 'n laaikas met vier laaie, buite sig. Ook buite sig is die besem kas.

Net weer 'n herinnering al die kaste is gemaak met herwinde hout.

Laastens dit is ontsettend droog in Orania en waarskynlik sal ons 3kl water moet toevoeg tot ons watertenks.

vriendelike groete
Ludwig & en Retha Everson
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
http://www.facebook.com/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Tuesday, 1 November 2016

Kitchen cupboards cutlery drawer and pantry
Kombuiskaste eetgerei-laai en spens




In the first picture you see how cutlery drawer should look like.
In die eerste foto sien julle hoe 'n eetgerei-laai moet lyk.


Furthermore, you can see the large wooden panel of the outside of the pantry.

October was a bad month for rain, we measured only 0.1mm of rain and the water tanks are 35% full. Fortunately there are a forecast of rain over the weekend.

The temperatures were incredibly high was last week, outside was it 40degrees C, in the corridor (greenhouse) 32degrees and the chambers was a acceptable 27degrees.

Regards
Verder sien julle 'n groot hout paneel waar agter die spens kom.

Oktober was 'n slegte maand wat reën betref ons het slegs 0.1mm reën gemeet en die water tenks is 35% vol.  Daar is gelukkig 'n voorspelling van reën oor die naweek.

Die temperature was ongelooflik hoog laas week, buitekant was die 40grade C, in die gang (kweekhuis) 32grade en die kamers was 'n gangbare 27grade.

Vriendelike groete
Ludwig & Retha Everson

Friday, 23 September 2016

- Harvest and followup on the kitchen cupboards -
- Kombuiskaste vervolg en ons oes -



In the first picture you see our harvest of organically indoor grown vegetables in our grey water planter. There are tomatoes, tomatoes, tomatoes, green peppers, red peppers, broccoli and carrots.

In die eerste prentjie is ons oes van organies binnenshuise gegroei groente in ons gryswater plantebak. Daar is tamaties, tamaties, tamaties, soetrissie, rissie, brokolie en wortels.


The second picture depicts Trevor and the rest of the beautiful kitchen cupboards made from recycled wood.

Regards
Op die tweede foto sien julle Trevor en die res van die pragtige kombuiskaste gemaak van herwinde hout.

Vriendelike groete
Ludwig en Retha

Saturday, 27 August 2016

- Kombuiskaste -
- Kitchen cupboards -




In the picture you see the hard work of Trevor. This is beautiful kitchen cupboards made from recycled wood. It is definitely not the easiest job to use secondhand wood. To have cupboards from real wood is a plus point, no make believe plastic wood.

Cradle to cradle (recycling) our answer to many environmental problems.

Regards

Op die foto sien julle die harde werk van Trevor. Dit is 'n pragtige kombuiskaste gemaak van herwinde hout. Dit is beslis nie die maklikste taak om tweedehandse hout te gebruik nie. Om kaste van egte hout te hê is beslis 'n pluspunt, geen kamstige plastiek hout.

Wiegie tot wiegie (herwinning) is ons antwoord op baie omgewingsprobleme.

Vriendelike groete
Ludwig & Retha Everson

http://www.aardskip.com
http://www.facebook.com/groups/aardskip
http://www.facebook.com/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Monday, 23 May 2016

Gang plafon - aardskip . com - Corridor ceiling - Goto the weblog for more info.


We have employed for Trevor to help us to complete the Aardskip. Here you see the new paneling in the corridor and ceiling. Well done!

The wood panels come from recycled PV pallets.

Greetings
Ons het vir Trevor in diens geneem om ons te help om die Aardskip af te rond. Hier sien julle die gang en plafon panele wat hy begin in sit het.

Dit is herwonne hout van die PV panele van 'n sonplaas in die omgewing.

vriendelike groete
Ludwig  en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
& http://www.facebook.com/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Sunday, 30 November 2014

Read the visitors entries June 2014 - www.aardskip.com - Lees wat ons besoekers sê.

Foto van 2e kamer, die avokadoboom en druiwerank wat julle sien is binnenshuis.

Die week het ons die 3e kamer se vloer herstel en meubels terug gesit, sal 'n foto later plaas.

-o0o-----

Photo of 2nd room, the avocado tree and vine you see is indoors.

This week we repaired the 3rd room floor and moved the furniture back, a photo will follow.


Visitors book / Gasteboek
===================

Entries is entered in the original language please use https://translate.google.co.za/#af/en/ to translate from Afrikaans to English.

June / Junie 2014
----------------------

02/06
* S Da Corte - Johannesburg - Inspirational!! Thank you for showing us possibilities beyond our imagination.
* R van Vuuren - Van der Kloof - Wonderlik
* Elsa Muller - Van der Kloof - Baie inspirerend doen so voort!
* Marinda Roux - PE - Absoluut wonderlik om herwiningsmateriaal se potensiaal te sien.

03/06
* Kames & Karin Kemp - Orania - Indrukwekkend!!

04/06
* Andre & Carin Rust - Mosselbaai - Inspirerend. Alle sukses!

05/06
* Frik van Staden - Pretoria - Baie insiggewend. Voorspoed!
* William Badenhorst - DXB - Great ideas of reuse.
* Helen Sagahiron- DXB - Very impressive! Thank you.

07/06
* Jeff Momb - Pretoria - Keep it up!

09/06
* Pat & Ronel, Chris & Dara - Pretoria - Pragtig en sterkte.

10/06
* Aguese - Latvia, DK

11/06
* Rochell de Swardt - Plettenbergbaai - Baie goed en interessant

13/06
* Petert Huysom - Kempton Park - Baie interessant
* Marie Soul - Kaapstad - Fantasites!
* Carol Hiunchsen - Kaapstad - Inspirerend

14/06
* Wanda Coetzee - Pretoria - Pragtig
* Elmar Scheepers - Pretoria
* Amy Barhard - Krugersdorp - ouilik - Hou so aan!
* Marten van Wyk - Middelburg - Baie interessant
* Albert & Waniotha du Toit - Pretoria - en dankie vir die welkom.

16/06
* Diana - Stellenbosch - Well done - doing the talk
* Van Wyk - Benoni & Kaapstad - Baie interessant!!

17/06
* Margit & Andy d'Augiun - Swakopmunt, Namibie - Nuwe inligting gekry - very inspiring!
* Hendrina - Philippolis - Puik, doen so voort!

26/06
* Urbanus de Witt & Helene Kleynhans - Pretoria - Ongelooflik!


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Monday, 25 August 2014

Progress of ceiling in second room - www.aardskip.com - 2e kamer se plafon vorder.

This past week we continued with the ceiling in the second bedroom. See photo.

If you asked how do we cut the wood to fit so perfectly in the arch, we will not tell you. Joke, we first measure the arch and then cut a cardboard template and then make the wooden ceiling panel. Tedious process, but it works. By the way the wooden ceiling panels are made from second hand solar panel pallets.

We also started to bake bread in the solar oven and it works very well, thank you very much.

Feedback: The grey water system is working fine again.

-o0o---------------------

Die afgelope week het ons voortgegaan met die plafon in die tweede slaapkamer. Sien foto.

As jy vra hoe hoe doen ons dit om die hout so perfek te laat pas in die boog, sal ons jou nie vertel nie. Grap, ons meet eers die boog en dan maak ons 'n karton sjabloon en dan saag ons die hout plafon paneel uit. ´n Uitgerekte proses, maar dit werk.

Ons het ook begin brood in die sonoond te bak en dit werk baie goed, baie dankie.

Terugvoering: Die gryswaterstelsel werk weer goed.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

Monday, 17 March 2014

Noord-Kaapse LUR vir Omgewingsake besoek aan - www.aardskip.com - MEC for Environmental Affairs Patrick Mabilo, Director Les Abrahms and staff.

Northern Cape MEC for Environmental Affairs Patrick Mabilo, Director Les Abrahms and staff visiting Orania to investigate good practices in waste management.
-o0o----------------------------------------

Noord-Kaapse LUR vir Omgewingsake Patrick Mabilo, dir Les Abrahms en personeel op besoek aan Orania om goeie praktyke tov afvalbestuur te ondersoek.

Groete/Greeting
Ludwig en Retha Everson

Saturday, 22 February 2014

Our door on the eastern side. - www . aardskip . com - se ooste deur.

In die foto sien u ons nuut geplaaste deur by ons ooste kant. Die brandglas kunswerk in die deur is gedoen deur Cornilia Holm.

Verder het ons die badkamer afgerond, die buitekamer opgeruim en sakke met tweedehandse polistireen gevul vir ekstra isolasie materiaal op die plafonne.

-o0o----------------------------------------

In the picture you can see our newly placed at our eastern door. The stained glass artwork in the door is done by Cornilia Holm.

In addition, we completed the bathroom, the room cleared out and bags filled with polystyrene secondhand for extra insulation material on the ceilings.


-o0o----------------------------------------

vriendelike groete
Ludwig, Retha Everson en Markus

Saturday, 21 December 2013

Lees wat ons besoekers sê oor die - www.aardskip.com - Read the visitors entries October 2013

In the photo you see our cristmas tree made from recycled material.
Ons kersboom gemaak met herwonne materiaal.

Guestbook entries - Gasteboek inskrywing (Vervolg Oktober 2013)
-----------------------------------------------------------------

01/10/2013
* Hennie & Salomé Oosthuizen - Baie interessant en leersaam / Very interesting and informative.
* Lex de Jongh (Utrecht, NL) - Baie beïndrukkend! Sterkte met de afronding! / Very impressed! Good luck with the finishing touches!
* Dale & Erika (Somerset Oos)- Baie dankie! Verskriklik interessant. / Thank you! Terribly interesting.
* Gis Saaiman (Kimberley) - Baie interessant / Very interesting

06/10/2013
* Hein & Lollie Grisel (Bloemfontein) - Noag in Orania / Noah in Orania

12/10/2013
* Dirk & Sandra (Stellenbosch)- Baie interessant! / Very interesting!
* Jacques & Mada (Pretoria)- Amazing / Wonderlike
* Louél & Mercyl (Pretoria)- Baie inspirerend./ Very inspiring.

15/10/2013
* Jan & Susan (Boksburg) - Goeie praktiese uitvoering van idees. / Good practical ideas.

16/10/2013
* Juanita Momberg (Weskaap) - Baie dankie. Beïndruk. / Thank you. Impressed.
* Time & Maudie Surman (Pretoria) - Baie dankie. Baie interessant. / Thank you. Very interesting.

18/0/2013
* Hein Taljaard (Port Shepstone) - Baie dankie vir die baie interesante veduideliking van die "groen" konsep. /Thank you for the very interesting explanation of the "green" concept.
* Pieter Buhrmann (Kentz) - Baie goeie aanwending van afval produkte en sterkte met julle projek. / Very good use of waste products and good luck with your project.

21/10/2013
* Sunuy Grant (Top Travel, producer)- Fantastic! / Fantastiese!
* Charles Watson (Top Travel, camera man)- Brilliant Place. / Briljante Plek.
* Jeannie D (Top Travel, presenter)- Love what you have done with the sunship, brilliant! / Hou van wat jy met die Sonskip gedoen het, briljant!
* Janez Vermeiren (Top Travel, presenter)- Incredible application of much knowledge. Learned a lot. / Ongelooflike toepassing van baie kennis. Baie geleer.

22/10/2013
* Wynand Steenkamp - Ongelooflike toepassing van kennis. Baie geleer. Dankie!! / Amazing application of knowledge. Learned a lot. Thank you!

23/10/2013
* Jan & Elsa Krugell (Louis Trichardt) - Indrukwekkend en baie interessant. / Impressive and very interesting.

25/10/2013
* B Duncan (JHB) - Great iniciative. Let's see more people trying green initiatives. / Groot inisiatief. Kom ons kyk of meer mense die groen-inisiatiewe sal probeer.

26/10/2013
* Dave Duncan (Hopetown) - Fascinating. Come and see us./ Fassinerend. Kom besoek ons.
* Stephen (Bloemfontein) - Save the earth / Bewaar die aarde

31/10/2013
* Rina Rheeder (Wesselsbron, VS) - Wonderlik mooi. Het die inligting baie nuttig gevind en leersaam. Baie dankie. / Amazing beautiful. The information was useful and informative. Thank you.
* Phuthgo Disksole (Pretoria) - The concepts are very inovative and should be used everywhere, as they will solve building and food security problems. / Die konsepte is baie innoverend en moet oral gebruik, aangesien hulle die bou- en voedselsekuriteit probleme kan oplos.
* Leon Goosen - Ongelooflik!! Baie dankie dat ons julle skepping kon sien en beleef. Mag die Here julle seën! Baie liefde. / Unbelievable! Thank you for let us see and experience your creation. May God bless you! Much love.
* Pieter Ferrera - Baie dankie vir julle gasvryheid. Baie interessant en opvoedkundig. Jesus liefde. / Thank you for your hospitality. Very interesting and educational. Jesus love.


Vrywaring: Google assited translations.(http://translate.google.com/#af/en/)

-o0o----------------------------------------

We will add more entries to the blog in due course.

Sal binne kort nog inskrywings plaas.

-o0o----------------------------------------

Groete/Greeting
Ludwig, Retha, Joanelle & Arno Everson

Saturday, 14 December 2013

Geseënde Kersfees aan al ons ondersteuners - www.aardskip.com - Blessed Christmas to all of our supporters.

This week we spend time on cleaning our original recycle material store, it started to look a bit like a rubbish dump right in front of the earthship. Arno made a couple of crates to store our recycled material. So now our yard looks much better. All unusable stuff we took back to the towns recycle centre.

We also started making a huge Christmas tree, 3 meters high, with some of our recycled wood and hosepipes. Yesterday we bought two strings of 200 LED Christmas lights each. Take note, LED lights!

In the picture you can see the final product. On the left in front of the earthship is the tree, in the centre you see the bathroom's bottle wall with the cross shining. Top centre is the VODACOM tower's spot lights behind the earthship on the hill. On the right is a light net inside the earthship.

We placed more tiles in the bathroom.

-o0o----------------------------------------

Hierdie week het ons tyd gespandeer aan die skoonmaak van ons oorspronklike herwonnemateriaal-stoor, dit het 'n bietjie begin lyk soos 'n vullishoop reg voor die aardskip. Arno het 'n paar kratte gemaak om die herwonnemateriaal te stoor. So nou lyk ons werf baie beter. Alle onbruikbaar dinge het ons terug geneem na die dorp se herwinnings-sentrum.

Ons het ook begin om 'n groot Kersboom, 3 meter hoog, met die herwonne hout en tuinslange te maak. Gister het ons twee stringe van 200 LED Kersfees liggies elk gekoop. Let wel, LED ligte!

Op die foto kan julle die finale produk sien. Aan die linkerkant voor die aardskip is die boom, in die middel sien julle die badkamer se bottelmuur met die kruis wat deur skyn. Bo in middel agter die aardskip op die heuwel sien julle die Vodacom-toring se skynwerpers. Aan die regterkant is 'n lignet aan die binnekant van die aardskip.

-o0o----------------------------------------


Groete/Greeting
Ludwig, Retha, Joanelle & Arno Everson

Saturday, 2 November 2013

Herwinnig in die - www.Aardskip.com - use pipes and bottels to create doorhandles and glass bricks.

Bou: Die week het ons gewerk aan die badkamer. In die foto sien u die bottel muur se buitekant wat gekalkpleisterlaag is. Verder sien julle hoe ons, ons eie moderne deurhandvatsels maak maak met herwonne materiaal.

Plante: Baie dankie aan tannie Magda Opperman vir die koejawelboom, die boom het onmiddellik uitgeloop. Verder doen ons tamaties baie goed en die eerste tamatie is ryp, volledig organies. Die piesangboom doen nie goed nie, die stegie was seker verkeerd afgesny. Kan iemand vir ons 'n nuwe piesangbome
skenk? Die avokadoboom loop ook baie mooi uit. Verder is tweede oes slaaiblare is ook al eetbaar. Ons eerste blomkool het ook begin blom.

Water: Die gryswater wat gebruik word vir die spoel van die toilet is nou stabiel en skuim nie meer uit die bak uit nie. Reën is nog baie skaars en ons moes 'n paar keer 'n paar liter rivierwater toe gevoeg in ons tenks.

-o0o----------------------------------------

Building: This week we have been working on the bathroom. In the picture you see the outside of the bottle wall. We plastered the lime layer and you see how we make our own modern door handles with recycled material.

Planter: Thanks to Aunt Magda Opperman for guava tree, the tree already sprouted. The tomatoes are doing very well and the first tomato is ripe, fully organic. The banana tree does not do well, maybe the cutting was the wrong size. Can someone please donate the earthship another banana trees? The avocado tree
is doing fine. Our second harvest salad leaves are already edible.

Water: The grey water used for flushing the toilet is stable and does not foam out of the bowl, anymore.Rain is still very scarce and we had to add a few litters of river water in our tanks.

-o0o----------------------------------------

vriendelike groete
Ludwig, Retha en Arno Everson

Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671
Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Saturday, 28 September 2013

The sneak preview of the bathroom's bottle wall. - aardskip.com - Die onafgewerkte badkamer se bottelmuur.

Die week was daar nie veel gewerk nie, omdat ons familie hier gekuier het. Die sitkamer vloer is klaar en verder het ons ook gewerk aan die badkamer se panele en deur.

Hier is 'n foto van die onafgewerkte bottelmuur van die badkamer.

-o0o----------------------------------------

This week we had family visiting and in the process the work a little bit slow. However we did finish the lounge floor and started with the bathroom door and panels.

In the photo you see the bathroom's bottle wall, not yet complete.

-o0o----------------------------------------

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson