Wednesday 26 June 2013

Volksblad Noord-Kaap http://www.volksblad.com/nuus/2013-06-24-son-demonstrasie-in-aardskip-wys-somme-is-reg geskryf deur Charné Kemp

Die artikel was in die Volksblad 24 Junie 2013.

(As iemand 'n kopie het kan ons dit asb. kry?)

http://www.volksblad.com/nuus/2013-06-24-son-demonstrasie-in-aardskip-wys-somme-is-reg

(For the English readers please Google Translate to get the gist of the article.) http://translate.google.com/#af/en/

=========================

Son-demonstrasie in aardskip wys somme is reg
---------------------------------------------

Charné Kemp


ORANIA. – Die bewoners van die aardskip op Orania het Saterdag hul meetinstrumente uitgehaal om die wintersonkeerpunt en hoe ver die son in hul huis skyn, te meet.

Ludwig en Retha Everson, die eienaars van dié eko-vriendelike huis wat onafhanklik van munisipale water, krag en riolering is, was verheug om te sien dat hul aanvanklike berekeninge korrek was.

Die huis, wat in die koppie geanker is, het 'n noordelike glasmuur waardeur die son in die winter skyn om die huis te verwarm. In die somer skyn die son nie in die huis nie, wat dit sodoende koel hou.

"Dit was Vrydag die kortste dag van die jaar en dus die wintersonkeerpunt. Ons wou egter soveel mense moontlik kry om te kom kyk hoe dit werk en het die geleentheid Saterdag gehou.

"Ten tyde van die wintersonkeerpunt sal die son die verste in die huis inskyn. Ons meet die son om 12:00, hoewel dit soggens en laatmiddae dieper inskyn. Teen 08:00 en 17:00 raak die sonstrale die agterste muur van die aardskip, sowat 7 meter diep. Dit is wanneer die son op sy mees noordelike
posisie, oor die Kreefskeerkring, geleë is.

"Van nou af sal die middagson minder en minder in die huis inskyn tot en met 22 Desember, wanneer die son se loodregte strale op die Steenbokskeerkring val. Dit is die somersonkeerpunt. Dan keer die son weer terug.

"Vir ons dieptemaat het ons 'n maatband reg by 'n pilaar, loodreg op die voorkant van die aardskip geplaas. Op die presiese oomblik toe die pilaar se skaduwee langs die maatband geval het, het ons 'n merker geplaas waar die dak se skaduwee geval het, en die afstand afgelees. Dit was 'n ongelooflike 4,62 meter. Dit het om 12:15 gebeur, sewe minute vroeër as die teoretiese berekeninge. Die afwyking beteken waarskynlik dat die huis nie presies noord kyk nie, of die maatband was nie presies loodreg op die voorkant van die
huis nie.

"Of," sê hy grappenderwys, "die lengte- en breedtegrade van die aarde is nie presies reg nie . . ."

Om die hoek van die winterson te bepaal het hy 'n pyp gebruik waardeur die sonstrale 'n helder ronde sonkol op die vloer gegooi het.

"Ons het 'n karton oor die pyp geplaas om die sonstrale af te keer sodat ons die sonkol duideliker kon sien. Die berekeninge het ons 'n hoek van 36,7 grade hier op Orania gegee. Op die Kreefskeerkring was dit waarskynlik 90 grade."

Die argitek wat die huis ontwerp het, was tevrede met sy berekeninge, sê Everson.

"Ek dink die huis is goed beplan. Ons huis is net diep genoeg sodat die son lekker diep inskyn en die dak is nie onprakties hoog nie."


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

No comments:

Post a Comment