Sunday 23 June 2013

Winter-Son-Keerpunt metings - Sun shone @ 12:15, 4.62m in www.aardskip.com @ an angle of 36.7 - Winter Solstice measurements

Op 22 Junie 2013 het ons dit gewaag om te meet hoe ver die son in die aardskip in skyn. Die egte keer-punt was wel die 21ste, maar vir gerieflikheidshalwe het ons 'n bymekaarkoms gereël vir die publiek om die gebeurtenis ook te aanskou. Sien eerste foto.

Dit is die diepste wat die 12:00 son sal inskyn in die aardskip. Dit gebeur as die son se strale loodreg val op die kreefskeerkring. Uiteraard skyn die son selfs dieper in vroeër en later die dag. Om die waarheid te sê so 8:00 en 17:00 raak die sonstrale die agterste muur van die aardskip, so ses meter diep. Van nou af sal die 12:00 son minder en minder die huis in skyn tot en met 22 Desember en dan keer hy weer om, dit gebeur as die son se loodregte strale op die steenbokskeerkring val.

Vir ons diepte meting het ons 'n maatband, reg by 'n pilaar, loodreg op die voorkant van die aardskip geplaas. Op die presiese moment toe die pilaar se skaduwee langs die maatband geval het, het ons 'n merker geplaas waar die dak se skaduwee geval het en die afstand afgelees, 'n ongelooflike 4.62 meter. Die moment het om 12:15 gebeur, 7 minute vroeër as die teoretiese berekeninge. Die afwyking beteken waarskynlik dat of die huis nie presies Noord kyk nie of dat die maatband nie presies loodreg op die voorkant van die huis was nie, of die lengte en breedte grade is nie presies reg nie. Sien tweede foto.

Vir die hoek het ons 'n pyp gebruik waar deur die son se strale 'n helder en 'n redelik ronde sonkol gegooi het op die vloer. Ons het 'n karton oor die pyp geplaas om die sonstrale buite die pyp af te keer en op die manier kon ons die sonkol duidelik in die skaduwee van die karton sien. Die pyp was 1700mm hoog van die vloer aan die pilaar vas gemaak en na ons die pyp so gedraai het dat die kol duidelik was, was die sonkol 2280mm van aanhegtings punt van die pyp gewees. Die berekening gee ons 'n hoek 36.7 grade. Interessant die hoek stem ooreen met teoretiese berekening.

-o0o-----------------------------------

On the 22nd of June we measured the time, the depth that the sun shone into the earthship and angle when the sun was at its highest point. In order to share this event with as many people as possible we did the measurement on the 22nd and not the 21st of June 2013. See first photo.

We placed a measuring tape 90 degrees to the front of the earthship next to a pillar inside the earthship. At the moment when the shadow was right next to (parallel) the tape, we placed a marker where the shadow of the roof was. The distance was 4.62 metres from the front of the earthship and the time was 12:15. See second photo.

To calculate the angle we attached a pipe with a cardboard (see photo) to cast a shadow on the floor with a sunspot in the middle of the cardboard's shadow. The pipe was 1700mm from the floor and the sunspot was 2280mm away from the attacment point. This resulted in a angle of 36,7 which agreed with theoretical angle of the earthship's position.


vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson

No comments:

Post a Comment