Friday 17 May 2013

'n Hoekslyper as teëlsnyer - www-aardskip-com - Angle grinder as tile cutter... - For more info go to the weblog.

Die week het ons teëls gelê en die badkamer apparate geïnstalleer.
Ongelukkig was daar 'n fabrieksfout in die pan gedeelte van die toilet, so dit word geruil en sal volgende week weer ingesit word.

Op die foto sien julle Retha met ons hoekslyper en teëls sny. Die hoekslyper het 'n "diamantlem" wat teëls moet sny met water. Ons hoekslyper het nie so
funksie nie, so toe maak 'n boer 'n plan. Heel eenvoudig 'n emmer tot bo toe gevul met water. Bo op die emmer plaas ons hardebord met 'n gleuf. Die le gaan dan deels in die water en van 'n stowwerige gemors word dit 'n natterige gemors.

Verder het ons die sit en eetkamer klaar gepleister en gewitwas. Ons het besluit om die 2e kamer se vloer te politoer en die 3e kamer se finale laag(kleiagtig rooi grond en riviersand 1:2) is gegiet.

-o0o------------------

This week we worked in the bathroom. Retha cut tiles using through away tiles from our recycle-bank in Orania, see photo.

We also started to polish the 2e room's floor and poor the final layer for the 3e room's floor.

The dinning and lounge is now lime plastered (2 lime : 3 river sand : 3 clay rich earth) and white washed (1 lime : 2 clay rich earth - for colour).

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

No comments:

Post a Comment