Sunday 23 March 2014

Baie dankie vir die mooi groot donasie wat ons van David Otto ontvang het - www.aardskip.com - Volhoubare Energie Groep - (Sustainable Energie Group)

Ten eerste wil ek my dank uitspreek aan almal wat al 'n donasie gegee het vir die Aardskip Projek. Verder wil ek 'n spesiale dank betuig aan David Otto van IOWA wat 'n groot bydra gee het vir die projek.

Die meeste van die donasies word gebruik vir die Aardskip se maandelikse Orania Dorpskantoor heffing. Op ons beurt skenk ons van die donasies aan die Orania Helpsaam vonds. Die vonds word gebruik vir ander behuising projekte wat deel is van die Aardskip Projek se visie.

-o0o----------------------------------------

Die week was ek baie besig om mense te help om onafhanklik te word van Eskom. Ongelooflik hoe baie mense graag vir Eskom wil totsiens sê. In die volgende paar jaar voorsien ek dat Orania gaan grotendeels onafhanklik wees van Eskom. Ons het onder andere die Volhoubare Energie Groep (VEG) in Orania gestig sodat ons gefokus kan bly op die doel.

Vir die wat belangstel om deel te word van ons Volhoubare Energie Groep (VEG). Stuur vir my 'n versoek na navraag.veg@gmail.com of info.everson@gmail.com vir die Grondwet en Aansoekvorm.

VEG se DOELSTELLINGS in kort:
=============================
Om hernubare energie bevorder vir die volhoubaarheid van die Afrikaner in die Noord-Wes Kaap.

VEG se DOELSTELLINGS iets langer:
==================================
1. Om 'n groep te skep wat die gebruik van hernubare energie bevorder met die oog op die volhoubare vestiging van die Afrikaner in 'n eie gebied in die Noordwes Kaap.
2. Om individuele pogings tot volhoubare energie saam te snoer in ʼn sinergistiese geheel, sodat die voordele van kollektiewe aanwending van hulpbronne benut kan word. Dit moet geskied sonder om individuele pogings te demp, maar definitief te bevorder
3. Om kundigheid te bekom en tot beskikking van die individue te stel teen bekostigbare tariewe.
4. Om finansiering te kan voorsien.
5. Om ʼn omvattende energieplan vir Orania en ander klein dorpe en plaaseenhede in die omgewing van die Noordwes Kaap te help ontwikkel en van hulp te wees met die implementering. Die oogmerke van so ʼn plan is om onafhanklikheid van energie voorsiening na te streef.

-o0o----------------------------------------

First I want to thank everyone who donated money to the Earthship Project. I also want give a special thanks to David Otto for his fantastic contribution to the project.

Most of the donations are used for the Aardskip's monthly Orania Town Office tax. We in turn donate some of the doations to the Orania Helpsaam fund. This fund is used for other housing projects and that is part of the Earthship Project's vision.

-o0o----------------------------------------

The week I was very busy helping people to become independent from Eskom. Amazing how many people would like to say goodbye to Eskom. In fact in the next few years I see that Orania will be largely independent of Eskom. We have founded a Sustainable Energy Group (VEG) in Orania to keep us focused on this goal.

For those who are interested to become part of our Sustainable Energy Group (VEG). Send me a request to navraag.veg@gmail.com or to info.everson@gmail.com for the Constitution and Application form.

VEG objectives in brief:
========================
To promote renewable energy for the sustainability of the Afrikaner in the North West Cape.

Groete/Greeting
Ludwig en Retha Everson

No comments:

Post a Comment