Sunday 25 January 2015

The Corn Flake Traveller visited the - aardskip com - was besoek deur 'n Engelse filmspan - Goto the weblog for more info.

Die jaar gaan 'n bietjie dol en ons het nog glad begin om aan die aardskip te werk nie. Eerste week het ons besoek gehad van my suster en swaer. Nog die selfde week het ons Joanelle, my oudst,e na Jeffreysbaai geneem. Sy gaan daar begin by haar eerste werk. Ons is baie trots op haar sy het ook haar Honneurs in Kommunikasiekunde met lof geslaag.

Die tweede week het ek die binnenshuis se tuin 'n bietjie onderhande geneem. Ongelukkig vaar ons tuin in die sommer maande, November tot Februarie, baie swak. Aangesien ons geen direkte sonlig in die huis kry nie, wil die groente nie dra nie en die plantebak bly effens te nat.

Hierdie week het ons 'n filmspan van Engeland gekry en van die lede is niemand minder as Mick Hobday the Corn Flake Traveler. Hy het in 68 lande graanvlokkies geƫet. Hier is sy webwerwe:
https://twitter.com/thebigcornflake
https://www.facebook.com/Corn.Flake.Traveller
http://www.cornflaketraveller.com/

Mick (Liverpool) was saam Richard Pears (Lexester) en Hanneke van Linge (JHB) by die aardskip en hulle het omtrent alles gefilm. Die volgende dag het hulle deur gery na Bloemfontein om die Qala Phelang Tala projekte te gaan verfilm.

Ons het self ook na Bloemfontein gegaan vir Arno, ons seun. Hy het gegaan vir 'n onderhoud om te gaan werk in VSA by 'n rond reisende karnaval.

Volgende week gaan ons begin om die weste muur te pleister.

-o0o------------------------------

This year is going a little bit crazy and we have not started working on the earthship yet. The first week my sister and brother in law visited us. The very same week we took our eldest Joanelle to Jeffereysbay where she started her first job. We are very proud of her she passed her Honors in
Communication with distinction.

The second week I cleaned up the inside garden. Unfortunately our garden is not doing well from November to February. Since the garden do not get any direct sunlight, the vegetables does not bear.

This week we got a film crew of England and one of the members is none other than Mick Hobday the Corn Flake Traveler. He ate corn flake in 68 countries.
Here is his web sites:
https://twitter.com/thebigcornflake
https://www.facebook.com/Corn.Flake.Traveller
http://www.cornflaketraveller.com/


Mick was here with Richard Pears and Hanneke van Linge at the earthship and filming just about everything. The next day they drove to Bloemfontein to film the Qala Phelang Tala projects.

We also went to Bloemfontein for our son Arno where he went for an interview for work in US, at a traveling carnival.

Next week we will begin to plaster the western wall.

vriendelike groete
Ludwig en Retha Everson
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Sel: +27 53 207 0029
Tel: +27 73 134 9671

Web: http://www.aardskip.com
Bakkies: http://www.facebook.com/groups/aardskip
GPS: -29.8168,24.4115

Aardskip donations / skenkings
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

No comments:

Post a Comment