Wednesday 7 January 2009

Kontak OWAZE



Ja so ons is opgewonde en wil ook graag 'n aardskip bou, maar hoe pak jy so projek aan?

Die eerste ding wat ons gedoen het was om soveel moontlik webwerwe te bekyk. Daar na het ek begin kontak maak met die verskillende verenigings wat betroke is by Aardskip ontwikkelings. Ons het eerste kontak gemaak met Owaze. Die doel stelling van die Owaze was die realisasie van 'n earthship /aardskip in Nederland. Hulle het geslaag in hulle doel, want in Zwolle staan nou 'n aardskip, klik op die fotos hiernaas om na die fotoalbums te bekyk.




Die voorsitter Theo is ongelooflik hulpvaardig. Deur hom het ek ook kontak gemaak met Kevan. Kevan Trott bedryf die Europesekantoor van Mike Reynolds, die oorspronklike argitek van aardskepe. Keven het ook sy eie aardskip gebou in frankryk normandy gaan na sy webwerf deur te klik op die foto hier langs.

No comments:

Post a Comment