Friday 31 May 2013

Ons woon nou in die aardskip. Foto van die final badkamerteëls - www-aardskip-com - We moved in the earthship and here is a photo of the bathroom tiles.

Ons kamera werk weer so bietjie. Ons woon nou al in die aardskip. Nog baie om te doen, maar ons het 'n dak oor ons kop.

Hier is 'n foto van die badkamerteëls, alle teëls is by ons herwiningsbank op getel. Elizabeth Potgieter het gehelp met die uitleg en plaas van die prentjie. Wat dink julle stel die prentjie voor?

-o0o------------------

We moved in to the earthship, still lots to do, but at least we have a roof over our head.

In the photo you see the final bathroom tile layout. Can you see what the picture represents?

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Sunday 26 May 2013

ProAgri berig Augustus 2012 http://issuu.com/techsmart/docs/proagri_150_aug_web/25 deur Frans Joubert

http://issuu.com/techsmart/docs/proagri_150_aug_web/25 kliek op tydskrif.


Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Volksblad berig 16 Jan 2013 http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2013/01/16/KV/7/ktoraniaskip.html deur Jelleke Wierenga

Die artikel was in die Volksblad van 16 Jan 2013
http://152.111.11.6/argief/berigte/volksblad/2013/01/16/KV/7/ktoraniaskip.html


(For the English readers please Google Translate to get the gist of the article.)


===================================================
Huis enig in sy soort

Dié aardskip van sandsakke en afval grootste ter wêreld

deur Jelleke Wierenga

AARDSKIP, sonskip, ekohuis, modder-en-afvalhuis . . . noem dit wat jy wil, maar Ludwig en Retha Everson se droomhuis op Orania waaraan hulle al jare arbei, is enig in sy soort in Suid-Afrika.

Dit is gebou van sandsakke, ou buitebande, strooibale, koeldrankblikkies, glas- en plastiekbottels, sand, strooi, skalie, kalk en, natuurlik, baie sweet.

Ludwig dink soms hy was gek om so 'n groot projek aan te pak. Hy het vooraf baie navorsing gedoen, maar eintlik geen idee gehad van wat dit sou behels nie.

Dit het vyf maande geduur om net die sandsakke op hul plek te kry en te vul. Daar was nooit meer as vier mense op 'n slag aan die werk nie.

Sulke "aardskepe" word gewoonlik van buitebande gebou, maar omdat 'n groot aantal ou bande nie so geredelik op en om Orania beskikbaar is nie, is sandsakke ingespan. Ludwig se huis is die grootste aardskip ter wêreld wat van sandsakke gebou is.

Die binnemure bestaan uit blikkies en bottels wat met 'n mengsel van tuisgemaakte "sement" – fyngemaakte skalie, grond en strooi – toegemessel is. Bo-oor kom 'n pleisterlaag van kleigrond en sand. 'n Bietjie kalk daarby maak dit heeltemal waterdig. Die mure word later net so hard soos baksteen en konvensionele sement.

Die huis kan maande lank op 'n enkele bui reën funksioneer – hemelwater, soos Ludwig dit noem. Die dak is 'n volle 210 m² en die watertenks hou saam 30 000 liter. Elke 10 ml reën maak 'n halwe tenk vol.

Die hemelwater word deur die huis gepomp en versprei. Dit word vier keer gebruik – eerste deur die mense; dan syfer dit onderdeur die plantbakke waar dit deur die plantwortels en skalie gefiltreer word. Die water beland dan in 'n put van waar dit vir spoelwater na die toilette gepomp word. Laastens word dit vir die bome en nie-eetbare plante buite gebruik. Die menslike ontlasting gaan na die biofiltreerder buite wat die vaste- en vloeistowwe van mekaar skei. Metaangas word uit die vaste stowwe verkry en gebruik om die gasstoof aan die kook te hou. Alles wat oorbly, is kompos. In die twee lang plantbakke aan die binnekant van die massiewe dubbelvensters gaan allerlei soorte groente en vrugtebome verbou word – selfs piesangs. En hoekom nie sommer ook 'n prieel nie? Dit is kos en suurstof, lyk lieflik lowerryk en doen wondere vir die gemoed.

Die huis se klimaat word hoofsaaklik deur sy noordaansig beheer. Geen enkele sonstraal skyn in die somer in nie, maar in die yskoue winter is daar tot vyf meter behaaglike sonskyn in die vertrekke. Die agterkant van die huis is op die helling van 'n koppie ingebou . . . waar wil jy nou beter isolasie kry? 'n Dubbellaag koeldrankbottels aan die suide-, ooste- en westekant wat met lug gevul is, werk soos 'n bykomende verekombers in die winter. Somers bring dit die temperatuur met tot 5°C af.

Die son verskaf krag en warm water, maar 'n houtstoof en donkie sal regstaan ingeval die son nie skyn nie.
Terloops, Ludwig het net sewe sakkies sement in die hele massief groot huis gebruik. Dit is om die skuifdeur en die stutpilare van die vloer na die dakkappe te verstewig.

Siedaar, 'n huis sonder 'n koolstof-voetspoor wat sommer ook 'n vullishoop of twee opgeruim het.

Die Aardskip van agter.
Die Aardskip van binne.
Die Aardskip van buite. Foto's Jelleke wierenga
===================================================


Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Saturday 25 May 2013

Oos aansig van groen gordyn - www-aardskip-com - Behind the green curtain, east view... - For more info go to the weblog.

Indie foto sien u die plantebak van die oostekant. Heelvoor sien julle wortels, dan 'n rooi spinasie, iets verder malvablomme en aan die venster kant sien julle die pampoen wat groei en water drink laat die byle huil. Gelukig gee hulle ons ook suurstof terug en absobeer ons CO2.

Die week het ons die 2e kamer se vloer begin politoer met was. Die 3e kamer se vloer het vier lae olie gesmeer, 2 lae sonneblomolie en twee lae lynsaadolie. Verder het ons die finale grondlaag op waskamer en kombuis vloer gegooi. Die kombuis en waskamer vloer gaan ook geteël word met slegs herwinde teëls. Ons sal eers kyk hoe die politoer werk voor ons die moeite doen om al die vloere te politoer, wie weet miskien werk die olie net so goed. Die badkamer teëls is so te sê klaar.

My kamera staak 'n bietjie, hoop ek sal volgende week fotos kan plaas.

-o0o------------------

In the photo you see the planter from the eastern side. In it you will see pumpkin, carrots, spinach and geraniums.

We waxed the 2nd floor room, oiled the 3rd floor room, poured the finale ground layer of the kitchen floor. The bathroom tiles is almost done.

This coming month (week) we move into the unfinished earthship.

Groete/Greeting
Ludwig, Retha & Arno

Thursday 23 May 2013

Aljazeera

Just had an interview with Aljazeera about our Zero CO2 and H2O footprint earthship (www.aardskip.com) in Orania, ZA. ---o0o------ Onderhoud gehad met Aljazeera oor die aardskip. Ludwig & Retha

Tuesday 21 May 2013

Badkamer voorskou - Bathroom sneak preview...

Hier is 'n foto van hoe die badkamer nou lyk. Ons het 'n vrywilliger gekry wat ons gehelp het vandag. Baie dankie Elizabeth, jou werk is fantasties. Ek plaas binnekort 'n foto van die finale mosaiek. Retha het die raam gemaak. Die hele kunswerk is gemaak van teëls wat ons opgetel het by Orania se herwiningsbank.

-o0o------------------

Here you see a sneak preview of our unfinished bathroom. We had a visitor, Elizabeth, in Orania who volunteer and helped Retha to finish the tiles in the bathroom. She really did a magnificent job. All the tiles was collected from our recycled centre in Orania.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha, Arno & Elizabeth

Friday 17 May 2013

'n Hoekslyper as teëlsnyer - www-aardskip-com - Angle grinder as tile cutter... - For more info go to the weblog.

Die week het ons teëls gelê en die badkamer apparate geïnstalleer.
Ongelukkig was daar 'n fabrieksfout in die pan gedeelte van die toilet, so dit word geruil en sal volgende week weer ingesit word.

Op die foto sien julle Retha met ons hoekslyper en teëls sny. Die hoekslyper het 'n "diamantlem" wat teëls moet sny met water. Ons hoekslyper het nie so
funksie nie, so toe maak 'n boer 'n plan. Heel eenvoudig 'n emmer tot bo toe gevul met water. Bo op die emmer plaas ons hardebord met 'n gleuf. Die le gaan dan deels in die water en van 'n stowwerige gemors word dit 'n natterige gemors.

Verder het ons die sit en eetkamer klaar gepleister en gewitwas. Ons het besluit om die 2e kamer se vloer te politoer en die 3e kamer se finale laag(kleiagtig rooi grond en riviersand 1:2) is gegiet.

-o0o------------------

This week we worked in the bathroom. Retha cut tiles using through away tiles from our recycle-bank in Orania, see photo.

We also started to polish the 2e room's floor and poor the final layer for the 3e room's floor.

The dinning and lounge is now lime plastered (2 lime : 3 river sand : 3 clay rich earth) and white washed (1 lime : 2 clay rich earth - for colour).

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

Monday 13 May 2013

Oop vir toere - www-aardskip-com - Open for tours ... - For more info go to the weblog.

We are open for tour groups to visit the earthship in Orania, the Aardskip.

Suggested donations will be R20 per person and R150 for a group upto ten people.


-o0o------------------

Hier sien julle 'n toergroep van Bloemfontein. Ons is nou oop vir toere teen 'n donasie.

Die riglyn donasies is R20 per persoon en R100 vir groepe tot 6 mense.

Vir die inwoners van Orania is daar geen riglyn, enige donasie is welkom.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

Saturday 4 May 2013

Groengordyn - The GREEN curtain

In the photo you see how we shield us from the bad anti-ecological world, a green living curtain.

-o0o------------------

Hier kan julle sien hoe ons, onsself beskerm teen die eko-onvriendelike wêreld.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno

info@aardskip.com
Pos: Posbus 186, Orania 8752, Suid Afrika
Tel: +27 73 134 9671

Donasies - donations
Bank: ABSA
Swift code: ABSAZAJJ
Branch: 632005
Account name: LRHV Everson
Account nr: 9272495193
Reference: Aardskip

Complex water works - Koud -> warm -> grys -> plante -> grys -> swart water

In die foto sien 'n deel van die kompleksiteit van 'n aardskip se waterwerke.

Hierdie week het ons die grys water pype afgehandel.

Verder is ons besig die badkamer vloer te teël.

-o0o------------------
Here you can see part of the complexity of an earthship's water works. We catch the rain water and store it in 30kl tanks. An electrical pump, pump the water through a filter system to the hot water solar geyser and the taps. The hot water pipes are insulated with the white insulation stuff (recycled plastic bottles). The dirty (grey) water from the zinc, bath, washing and basin go to the planter. The excess water filtered by the planter is used to flush the toilet. The dirty (black) water from the toilet go to the digester (septic tank / bio-digester).

+ In the case were the planter do not have enough excess water the backup valve from the (clean) cold water system will be opened to fill the toilet cistern.

+ In the case where the planter overflows the overflow valve will be opened to let the overflow grey water go directly to the digester. The hight of the overflow will make sure that only the minimum grey water will go to the digester. However the valve should be kept close for normal function.

Groete/Greetings
Ludwig, Retha en Arno