Wednesday 30 April 2014

Slaapkamerplafon vorder - www.aardskip.com - bedroom ceiling is getting there.

Die jaar, 2014, is 'n bietjie van 'n deurmekaar jaar. Op die oomblik is dit onmoontlik om die voltyds te werk aan die aardskip.

Arno is op UJ, Retha werk voltyds en ek is betrokke by verskeie projekte wat my aandag weghou van die aardskip. Gelukkig is dit almal groen verwante projekte.
1. 'n Aardverwarmingskursus aangebied deur MIT. (Nogal 'n bietjie straf vir 'n man wat nie veel weet van geologie en chemie nie.) Ja, daar is so iets soos mensgemaakte aardverwarming.
2. Ontwerp van sonkrag-stelsels, ook by Grootgeluk son-park.
3. Voorsitter van die Volhoubare Energie Groep.
4. Net om alles te kroon gee ek ook nog ekstra wiskunde les, skryf artikels en so meer.

Wat die Sonksip betref, hy vorder. Die 3e (van die huis) slaapkamer se plafon is besig om vorm aan te neem, sien foto. Ja die plafon maak 'n verskil in temperatuur. Neem kennis ons het nou drie lae isolasie teen die
aanslag van die son.
A) 40mm herwinde plastik wol teen die dak.
B) 40mm polistireenplafon.
C) Sakke gevul met herwinde polistireen.

Die plante is weer besig om baie mooi te groei. Die piesang bome se blare word al lastig in die gang en die boom staan al so 1 meter hoog. Ons tamaties het weer begin te dra en die basiliekruid is nou 'n oerwoud. Verder is ons nuwe spinasie ook besig om baie mooi te groei.


-o0o----------------------------------------

The year, 2014, is a bit hectic. At the moment it is impossible to work full time on the earthship.

Arno went to UJ, Retha works full time and am involved in several projects that keep my attention from building. Fortunately all the projects are green related.
1. A global warming course hosted by MIT. (Quite difficult for a man who does not know much about geology and chemistry.) Yes, there is such a thing as man-made global warming.
2. Designing solar systems, also for the Grootgeluk solar park.
3. Chairman of the Sustainable Energy Group. Still small but growing.
4. Just to top it all I'm giving extra maths lessons, writing articles and so forth .

What the Sonksip concerned, it progresses. The 3rd (of the house) bedroom 's ceiling is taking shape, see picture. Yes, the ceiling makes a difference in temperature.

The plants are again becoming very attractive. The banana tree leaves are getting in the way and the tree is about a meter high. Our tomatoes have started to produce again and the basil is a jungle. Furthermore, our new spinach is growing very well.

Groete/Greeting
Ludwig en Retha Everson
30 April 2014

No comments:

Post a Comment